Ja, wag op die Here

In elke krisistyd wat ek in my lewe deurgegaan het, kon ek ná die tyd God se hand sien. Nie net hoe Hy my vasgehou het en krag gegee en gehelp het nie, maar ook hoe Hy my gevorm het. Geskawe het sodat ek meer en meer sal lewe tot Sy eer, al hoe meer soos Hy sal lyk.

So baie mense dink krisis is straf van die Here. Ja, ek glo dat God ook krisisse in ons lewe kan gebruik om ons terug te ruk na Hom, maar dis nie waaroor dit gaan nie.

Maar selfs mense wat die Here se pad loop, gaan deur krisissituasies. Joh 15 skryf dat die boer die goeie lote snoei om selfs méér vrug te dra.

Ek wil nou nie ‘n hele bespreking ontlok oor hoekom God krisisse toelaat en of Hy regverdig is of nie.

Hierdie bloginskrywing gaan sommer oor my persoonlike ervaring van my eie krisisse.

18 Jaar gelede het ‘n beentjie my pa se slukderm beskadig. Natuurlik sou ek geloofsgroei ervaar het, maar as ek nou terugdink, het ek daar geleer om positief te bly by my siek pa in die hospitaal. Ek is medies totaal gestremd, hospitale maak my depressief, maar ek het deur daardie ervaring beslis gegroei in my menswees.

Daardie ervaring het my voorberei vir ‘n volgende, baie erger tyd, toe my broer vir baie lank in ‘n koma was ná ‘n vergiftigingspoging. In daardie tyd het ek geloofsgroei ervaar soos nog nooit tevore nie. Ek het direkte boodskapoe van God ontvang. My geloofslewe was daarná heeltemal op ‘n ander vlak.

Image result for taste life - healing the woundedTans leer ek om te wag op die Here. Dis ook waaroor LiefGodgrootliks se blog gaan. Ek lees dit in my Bybel, ek lees dit in blogs, dieselfde boodskap kom in die fantastiese boek deur Francois Mostert, Taste Life- Healing the wounded.

In krisistye is God besig met ons. Hy bou ons karakter, Hy vorm ons, sodat ons mense kan word wat Hom dien, Hom eer. Ek moet leer om op God te wag. Hy weet die regte tyd en elke keer wat ekself dinge probeer doen en regmaak, misluk dit. Ek moet wag, wag, wag … tot Hy voel dis die regte tyd.

Wat van jou? Watter getuienis het jy?

Toortsie

Hoekom skryf ek sulke privaatgoed op my blog vir almal om te lees? Omdat ek net meer en meer die nood raaksien, omdat soveel mense vasgevang is in hul krisisse. Omdat ek vir hulle wil sê, jou krisis is erg, ek weet dit, maar moenie moed verloor nie. Hou vas aan die groot hand van God. Hy is saam met jou daar in die krisis en dis nie al nie, Hy is ook besig met jou sodat jy sterker anderkant sal uitkom. Dit voel dalk nie so nie, jy voel dalk op die oomblik totaal verpletter, maar hou vas. Wag op die Here. As jy eendag terugkyk, sal jy Sy wonderlike handewerk in jou kan sien. Sterkte vir jou. Geen krisis is ooit maklik nie.

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: So begin die mindermakery

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

7 thoughts on “Ja, wag op die Here

  1. Hi Toortsie! Kyk, nou praat jy darem… Jy sien, daar is Kronos Tyd, dis nou die aaneenlopende tyd soos ons hom ken. Tog, wanneer Vader God met ons deur dinge stap en aan ons skawe, maar meer spesifiek, wanneer Hy persoonlike beloftes maak en ons op Hom moet wag en vertrou, is daar Kairos Tyd… Dit is sekerlik van die heel belangrikste tye wat ons ooit in ons lewens beleef en dit kom meer as net eenkeer voor in ‘n leeftyd. Dit is in Kairos Tyd wat Vader God ons geloof en gehoorsaamheid toets, dit is hier waar ‘n mens die belofte kan kry of verloor. Kom ek gee ‘n eenvoudige voorbeeld; Vader sê vir Abraham om te wag op die belofte van ‘n seun, maar hy doen dit nie en Ismael word gebore. ‘n Hele familie-fete kon verhoed word… Moses lei die Israeliete uit Egipte met uitdruklike opdragte wat elkeen moet gehoorsaam, maar in hul Kairos-tyd, netsoos Abraham leef Israel in gewillige, wetende sonde en mis ‘n hele geslag die beloofde land. Dit is so maklik om in ongehoorsaamheid te verval, so maklik om in een oomblik ‘n keuse te maak wat die res van ons lewens gaan verander, maar soveel te meer wanneer Vader vir ons sê om eers te wag… Baie baie dankie vir jou bemoediging, Toortsie.

    Liked by 1 person

    1. Francois Mostert gebruik Josef as voorbeeld. Hy lê die drome uit, dit wat voorspel word vir die bakker en skinker, word waar. Tog vergeet die skinker sy belofte en moes Josef nog 2 jaar wag. Tot God gevoel het die tyd is ryp.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!