‘n Groot eer het my te beurt geval

Seegogga noem hierdie name in ‘n bloginskrywing: Audrey Blignault, Con de Villiers, Wilma Stockenstrom, Uys Krige, MER, Sannie Uys, Petra Muller, Ian Smit, Marlee Tesselaar, Chanette Paul, Petrovna Metelerkamp, Trisa Hugo, Frieda de Villiers, Ernie Mellet, Johan Kotze, almal groot name in die skryfwêreld, en hier, uit die bloute, voel sy om my ou naampie ook op die lys te sit.

Sjoe. Sluk. Sit gou ‘n bietjie. Haal diep asem.

Toortsie!?

Ek moet darem sê, sy is ‘n vriendin van my en vriendinne doen sulke oulike goed, maar steeds …

Dankie, dankie, dankie! Dankie dat jy my naam ook op daardie lys gesit het van Overbergse skrywers. Dis ‘n vreemde gedagte, maar baie baie dankie!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: So begin die mindermakery

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

23 thoughts on “‘n Groot eer het my te beurt geval

  1. Wel Toorts, met n gepubiseerde boek ( wat ook al vertaal is in Engels!), ‘n gepubliseerde artikel in ‘n tydskrif, ‘n goedvoel blog wat op gereelde basis vir ‘n tydskrif geskryf word en ‘n blog wat elke dag deut BAIE mense gelees word ( en almal inspireer), verdien jy daardie plekkie langs die grotes. Het jy al daaraan gedink dat die leserstalle op jou blog dalk groter is as wat die ouer skrywers se leserstal ooit kan hoop om te wees?

    Like

      1. Ek sukkel om vanaand op jou blog in te kom via my selfoon. Gaan oor ñ rukkie my laptop kan aansit en behoorlik met jou praat. Ek is hiper opgewonde vir jou part. Chanette het so ñ paar boeke gelede my naam as ñ karakter geleen, en dit was vir my super lekker.

        Like

          1. Wie op die aarde is die reader? Onthou, 56 jaar oud, en ek het NIE tik op skool gehad nie! Ok, ek kan nou praat. Almal kos gegee en Boeta is in die bed. Maar, mag ek op hierdie manier met jou praat?

            Like

            1. Jy mag met my praat nes jy wil! 🙂 En ek is kort op jou hakke wat ouderdom aanbetref!
              As jy jou wordpress op jou foon oopmaak, kyk bo-aan die skermpie is ‘n blou hofie. Heel links is die WordPress sirkeltjie, dan net langs hom is so ‘n vierkantige blokkie. Dis die reader.
              So as jy daarop kliek, kom al die blogs wat jy volg, te voorskyn.
              Maak jy een oop, dan kyk jy heel regs onder is ‘n * en ‘n kommentaarplekkie. Dan kliek jy daarop, en whala!

              Like

            2. Jy weet, ek is jou ewig dankbaar. Jy het my, en dit was jy alleen, gehelp om te begin blog. Stapsgewys. Hierdie is werklik vir my die heerlikste wêreld wat oopgegaan het. Ek kan skryf, en dit voel veilig. Julle inspireer my deur kommentaar te lewer, en ek het ewe skielik ñ groep vriende bygekry wat ok is met wie ek is.

              Liked by 1 person

              1. Dankie, my aandeel is ‘n kleinigheid. Dis jy wat skryf!
                Maar ek het ook dit ervaar: Ek kry kans om my sê te sê en die blogmaats aanvaar dit so. Solank mens net nie aanvallend raak nie, wat jy beslis nie doen nie.

                Like

                1. Wat seegogga sê is so waar. jy het moontik meer lesers as baie van hulle. Ek ken jou nog kort, maar spog klaar met jou. Hoop ek kan eendag net effens nader aan die getal mense wat jy bereik, beweeg. En dalk vir ñ paar iets beteken. Op my blog, met net my woorde.

                  Like

                    1. Sowaar. Dit voel nogal spesiaal, maar dis dalk omdat ek so graag op papier’ klets! En in die werklike ‘timeline’ is ek einlik lief vir alleenwees en lees. Dankie vir jou ondersteuning, Toortsie. Mag ons Vader jou net nog meer seën in alles wat jy aanpak.

                      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s