(‘n Ietwat ander weergawe hiervan het reeds op my blog verskyn. Hierdie is soos dit by die Voelgoedblogs by Finesse gepubliseer was.)
Eintlik wou ek nie ‘n prentjie bysit nie omdat ek wil hê jy moet jou eie verbeelding gebruik as jy hierdie storie lees en self ‘n prentjie in jou kop vorm.
Ursula het my kom roep om gou iets in die tuin te kom kyk. Daar, op my grasperk, staan sowaar ‘n bloedrooi, tweesitplek helikopter! Sy sê ek moet gou inklim in die passasiersitplek en voor ek behoorlik besef wat aangaan, klim sy agter die stuur in!
Genade! Gaan SY die helikopter bestuur? Ék weet niks van helikopters af nie, wat sal sý, my Alter Ego, nou weet?
Daar skakel sy hom aan en die skroef begin draai! Ek wil nog uitklim, maar voor ek kan, begin die helikopter beweeg. Die helikopter gee ‘n paar bokspringe, draai 360 grade in die rondte, steek amper vas soos ‘n steeks donkie, ons sit met ons neuse amper teen die ruit toe die agterkant begin lig. Ek gil! Vandag sterf ek!
Skielik voel ek hoe ons begin lig. Ons mis ‘n boom se takke net-net, en ons lig en lig … hoog genoeg … en begin vorentoe beweeg! Die volgende oomblik lig ek my voete so vinnig dat my knieë teen my ken kap, so naby vlieg ons oor ‘n windpomp!
Ursula lag net, sy geniet elke oomblik van my angs en bewing en sê: “Ontspan net, jy sal sien.”
Daar vlieg ons, oor die pragtigste koringlande in die rigting van die see. Ons vlieg seelangs, sien dolfyne en walvisse en begin dit al meer geniet …
Of ons weer sal kan land? Ek weet nie!
Gee nou jou verbeelding vrye teuels, raak laf, vertel vir ons jóú verbeeldingsvlug. Komaan! Speel saam! Dis lekker! Skryf die lawwe goed wat in jou kop opkom, maar binne die reëls van ordentlikheid. Toe, man!
Groetnis,
Noortsietoortsie
Toortsie se Bantingboerekos Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger van die week
Toortsie by Finesse: Wat ‘n beloning
Toortsie’s LCHF Journey
Toortsie op Pinterest
Ns. Suiwer verbeelding
Nee man Toortsie, ek het nie ñ goeie verbeelding nie! Tog, dalk tel hierdie as een…’Ek ry in my kar oppad werk toe, net so duskant Damdoryn. En skielik begin die aarde golf, deinings maak. Ek stop my voertuig, spring uit. En sien verstom hoe mense oral om my in die lug begin opbeweeg. Regop staan en boontoe gaan. Net mense, nie dinge nie. Daar besef ek, dis sowaar toe so!!! Dis hoe die wegraping gebeur. En net voor ek besluit om te probeer spring, want sowaar sowaar ek bly nie agter nie, voel ek. Ek styg op, vanself. Yes yes yes!! Ek het dit gemaak, ek gaan saam’. Mag my verbeeldingsvlug tog net waar word, sommer binnekort ook.
LikeLike
Nee man Toortsie, dis nou nie reg nie. Ek het nie ñ goeie verbeelding nie. Dalk tel hierdie een wel, moet my net nie druip nie:’Ek ry in my motor oppad werk toe. Skuins duskant Damdoryn begin die teerpad golf, duine maak. Ek trek af, en spring uit. Verstom sien ek oraloor mense in die lug op beweeg. Net mense, nie dinge nie. Sowaar, dit gebeur toe so! Die wegraping is hier. Nog voor ek my eie sprong probeer maak, want waaragtig, ek bly nie agter nie, begin ek opstyg. Yes yes yes! Ek het dit gemaak. Ek gaan saam. Lig soos ñ veertjie sweef ek boontoe, en begin sommer huil van dankbaarheid.’ Hoop dit tel, en hoop dit word binnekort waar. Dit sal SO cool wees.
LikeLike
Ja, dit sal cool wees! Jy het geslaag, baie geluk!
Weet jy, vir 50 jaar het ek geglo dat ek geen verbeelding het nie. Ek kan net met feite werk. Iewers het iemand ‘n sleuteltjie in my hand gesit en is Ursula gebore. Lees bietjie wat sy alles aanvang, kyk by kategorië, Ursula. Ongemerk het sy my gehelp om my verbeelding te ontsluit.
Dis nou al so dat as iemand ‘n vraag vra, waarop ek ‘n lawwe antwoord gaan gee, dat my skoonseun kiertsregop sit en wag vir die lawwigheid wat te voorskyn gaan kom.
Ek vermoed dis omdat ons so in boksies grootgeword het. Gee jou verbeelding vrye teuels. Hierdie was ‘n uitstekende eerste tree.
LikeLiked by 1 person
Dis reg, Ursula gaan vandag opgesoek word.
LikeLiked by 1 person
O, en dankie vir die saamspeel!
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook van hierdie wegraping storie…. want ek kyk ook met opwagting na Bo.
LikeLiked by 2 people
Dit is so warm dat ek te moeg is om te dink. Waar gaan ek ‘n verbeelding storie kry?
LikeLike
Dink, Kameel, dink! Jy is goed met sulke stories!
LikeLiked by 1 person
Ek sien die storie in my geestesoog. Jou voete verby jou knieee – LOL
LikeLike
Ja! 🙂
LikeLike
En ons vlieg steeds! Weet nie hoe om te land nie!
LikeLike