Vroue laat die koppe rol

Ek bewonder vroue met guts. Vroue wat te midde van ongemaklike omstandighede hulle merk maak en dis juis die doel van hierdie reeks, ‘Vroue uit die Bybel’, om op sulke vroue te fokus. Vroue wat die buitengewone gedoen het.

Nou word Herodias sowaar genoem, iemand na wie ek regtig nie opkyk nie, iemand wat ‘n wrang smaak in die mond laat. Iemand wat haar mag op die gruwelikste manier denkbaar, misbruik het. Sou sy vandag gelewe het, sou ek ekstra versigtig vir haar wees, ek sou haar vriendelik groet en my bes doen om nie aan haar verkeerde kant te kom nie. Sulke vroue is gevaarlik. Vandag kan hul dalk nie meer iemand sommer laat vermoor nie, maar hul taktieke is soms gevaarliker as moord.

Anders as die naamlose vrou in 2 Samuel 20, wat deur haar slim optrede ‘n hele oorlog afgeweer het, ‘n stad gespaar het, het Herodias haar mag misbruik vir haar eie gewin, om iemand terug te betaal omdat sy nie gehou het van hoe hy dinge doen nie. Sy eerlikheid het haar ongemak veroorsaak. Nie eintlik dat sy haar gesteur het aan die ongemak wat sy eerlikheid veroorsaak het nie. Sy het eenvoudig aangegaan met waarmee sy besig was en toe die geleentheid hom voordoen, hom uit die weg geruim.

Herodias was Herodus Antipas se broer se vrou, maar toe is daar ‘n oor-die-draad-weiery. Herodus het haar vir hom gevat. Johannes die Doper het Herodus daaroor aangespreek en Herodus het hom vererg en vir Johannes in die tronk gegooi. Eintlik wou Herodus hom laat doodmaak omdat hy dit durf waag het om hom aan te spreek, maar hy was bang vir die mense, Johannes was as ‘n profeet beskou.

Maar toe kry Herodias haar kans! Haar dogter moes met Herodus se verjaarsdag voor die gaste dans. Herodus was in vervoering en belowe haar dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. Haar slinkse ma het haar hierop voorberei: “Vra vir Johannes die Doper se kop in ‘n skottel.”

‘n Slinkse vrou is ‘n gevaarlike vrou.

Toortsie

Matteus 14

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Wat ‘n beloning

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

8 thoughts on “Vroue laat die koppe rol

  1. Weet jy Toortsie, ek het deur die jare besef hoeveel mag ons vroue eintlik in ons hande het. Hoe maklik ons kan manipuleer, en ja, hoe slinks ons kan wees. Wat ek ook weet, is dat sonder God in my lewe ek dalk self ñ ‘Johannes die Doper se kop op ñ skottel’ vrou kon gewees het. Vanoggend in die kar oppad werk toe, het ek net weer besef: wie ek is, is net deur die genade van my Vader. Dinge kon so ontsettend anders uitgedraai het. Dankie vir jou skryfstuk.

    Like

  2. “Never under estimate the wroth of a woman scorned…” Daar was nog so ‘n paar vroue uit die Bybeltyd wat glad nie aangename karakters was nie. Vandag vind ‘n mens hulle in verskillende plekke en een baie gevaarlike vrou wat ons maar kan dophou in die naby toekoms is die Amerikaanse presidentiële kandidaat…

    Liked by 1 person

  3. Ek let ook op hoe sy iemand anders (haar eie dogter) misbruik om haar doel te bereik. Is dit nie eienaardig hoe sulke mense altyd ander kan oorreed om hulle vuil werk te doen nie? Nou kan ek nooit besluit nie – is sulke mense slim of is die handlangers dom?

    Like

Gesels saam, asseblief!