Ek hoor

Ek hoor … hulle sê … maar wíé is hulle?

Ag, ek weet dis ‘n plattelandse ding, dalk is dit ‘n wêreldwye ding? Hier in die platteland weet ons van mekaar, ons weet wat die ander doen, en meer nog, ons weet wat die ander dink, selfs al dink en doen hulle nie so nie! 😉

Kyk, daar is twee soorte mense wat my stilweg laat glimlag, eintlik laat grinnik: Dis hulle wat alles weet en hulle wat alles glo. En vir hulle wat alles weet, kan jy op geen manier oortuig van die teendeel nie, selfs al gaan dit jouself aan.

So, ons is al weer aan die emigreer, hoor ek. Ek dink dis die 4e keer nou al wat ons emigreer Australië toe, want dis die aantal kere wat ons al daar gaan kuier het! Gelukkig het ek nie elke keer daarvan gehoor nie!

Die eerste keer wat ek daarvan hoor, was ek só kwaad vir my man, want dit was slegs 2 dae voor ons sou vlieg en ek sou darem daarvan hou dat hy vir my betyds sê sodat ek al my goetertjies kan pak! 😉 (Nie regtig nie!) Dáárdie keer het ek geweet wie die bron van die storie is, en toe ek hom raakloop, het ek sommer nog ‘n hele klomp stories bygelas sodat hy genoeg het om te kan oorvertel, soos dat my man vir ‘n boer daar gaan werk en hoe deurmekaar ons besigheid is met die inpakkery en dat ek juwele gaan verkoop daar … hy het nie ‘n woord gesê nie! Kan jy nou glo, UIT DIE AAP SE BEK HOOR HY DIE WAARHEID! 🙂

So, ook hierdie keer sou ons ook glo emigreer, of gaan ons nog steeds emigreer, sê hulle. Maar nou is ons reeds terug, en eintlik moes ons mos dan sommer daar gebly het, dit spaar ons ‘n groot klomp inpakwerk!

Maar nee, vir hulle wat alles weet, en hulle wat alles glo, wil ek net sê, ek bly nog steeds hier. Julle is steeds met my opgeskeep! Sorrie, hoor!

Jy weet, solank mense nog van jou praat is dit ‘n goeie teken! 🙂

Tong innie kies Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Wat ‘n beloning

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies. Bookmark the permalink.

10 Responses to Ek hoor

  1. Kameel sê:

    Liewe amper begin ek ook my tas pak, want as Toortsie emigreer moet ek mos saam. :)2

    Like

  2. travel460 sê:

    My Bertus man kan hom weer so vervies as hy ñ skeet het, en ek sê: ‘ek hoor die hele wêreld het die griep’. Dan wil hy weet wie die hele wêreld is, en wanneer praat ek so met die hele wêreld. Dis soos jy sê Toortsie. Wie is ‘hulle’, en hoekom kry ‘hulle’ nie iets nuttigs om te doen nie!!! Dalk sal die Italianers ook ñ niksseggende vertaling vir die ‘hulles’ hê. Soos met my ‘ñ’.☺

    Liked by 1 person

  3. esrohblog sê:

    Ja-nee, dis nou maar een van daai dinge… Kom ek mos terug in SA na so bietjie meer as ‘n jaar tussen die Yanks. Gryp die een dame my hand en vra my waar die ring is. Ek kyk haar heel verbaas aan; so half wanneer het dit dat nou gebeur, selfs dat ek nie daarvan weet nie. Nee; glo iemand wat daar gaan toer het en my kwansuis toevallig raak geloop het en hier kom vertel het ek is getroud. Dêmmit, is al wat ek kan sê, want ongelukkig het ek nie daai geluk raak geloop nie. So is dit nou met “hulle”. Ek glo ons ken ook “hulle” almal baie goed.

    Liked by 1 person

  4. Hulle is alwetend,slim,in beheer,alomteenwoordig,ken almal,weet alles!

    Liked by 1 person

  5. Tokeloshe sê:

    Hie-hie 😉
    ‘n Vriendin wat voor ons geimigreer het, het ons die goeie raad gegee om niks voor die tyd te sê nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s