Maak die beste gebruik van elke geleentheid

Efesiërs 5:15-19: “Wees baie versigtig hoe julle lewe … Maak die beste gebruik van elke geleentheid … probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen … laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.”

Maak gebruik van elke geleentheid. O, ek is so skuldig hieraan, ek maak ook maar nie gebruik van elke geleentheid nie, om verskillende redes. Dalk is ek skaam? Dalk voel ek dis nou nie die regte tyd nie? Dalk is ek bang? Lui? Dalk sien ek nie die geleentheid raak nie?

Vir ons as Christene, die Bybel gee die opdrag om gebruik te maak van elke geleentheid om Sy Naam te verkondig. Ek dink nie Hy wil hê ons moet die heeltyd met die Bybel onder ons arm loop en kruis en dwars vir elke mens te oorrompel met die Woord nie, dalk is dit jou roeping, wie weet? Maar ons moet na ons optrede kyk.

Is ons daaglikse optrede soos wat God dit van ons wou hê, of sleep ons as Christene Sy Naam deur die modder? Is ons optrede só dat iemand anders voel: Sjoe, ek wil ook hê wat daardie persoon het, wat is dit wat daardie persoon anders maak? Of is ons optrede só dat die ander persoon dink: As dit is hoe ‘n Christen moet lewe, wil ek nie een wees nie?

Iets waaraan ek tans baie dink, is die saamkom, die opening in die oggend by jou werk. Word daar nog met Skriflesing en gebed geopen? Indien nie, is dit nie dalk ‘n goeie plek om te begin nie? Net ‘n vinnige bymekaarkom in die oggend waar elkeen ‘n beurt kry om in die oggend ‘n stukkie Bybel te lees en te bid, dié wat wil? Doen julle dit reeds? Dan wil ek vra dat jy moet let daarop: Lees julle nog Bybel of het dit al ‘n dagstukkie geword, wat meer oor die Bybel praat as die Bybel self? Of nog erger, het dit sommer net ‘n oulike stukkie geword wat niks met die Bybel te doen het nie en dan word daar nie meer daarby gebid nie?

Ek daag jou uit: Maak van jóú beurt ‘n geleentheid om uit God’s Woord self te lees. Gee God die geleentheid om self te praat. Wie weet, dalk raak jy juis dán iemand se hart aan? En as jy dit doen, begin iemand anders dalk ook … En indien julle nie ‘n samekoms in die oggend voor werk het nie, waag dit om so iets te begin?

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Wat ‘n beloning

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae. Bookmark the permalink.

5 Responses to Maak die beste gebruik van elke geleentheid

  1. Kameel sê:

    Die dagstukkies ipv bybellees is groot waarheid. Meditasie in dié Woord net so belangrik.

    Like

  2. esrohblog sê:

    Sjoe Toortsie! Hier slaan jy darem nou die spyker vierkantig op sy ronde kop. Ek sien soveel van wat jy gesê het in my lewe raak, maar ook in oor die algemeen binne die liggaam van Christus. Ek dink dat die heel eerste ding waarop ons as ware wedergeborenes moet let, is hoe getrou ons is aan ons gehoorsaamheid wanneer Vader God ons deur Sy Heilige Gees lei om iets te doen of dalk nie te doen nie. Saam met die Skrif wat jy aangehaal het, kan ons ook Filippense 2:12-13 aanhaal; “Dus, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie asof in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie verlossing (heil) uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.” Hierdie verlossing is nie die verlossing in die sin van ‘n mens se lewe aan Christus Jesus gee by wedergeboorte nie, want dit word juis aan gelowiges gesê. Dit het te doen met ons roeping, met die spesifieke doel waarvoor Vader God ons geskape het. Toortsie, ek weet waarvan jy praat wanneer jy die redes opnoem waarom ons nie altyd daardie gegewe geleenthede gebruik nie en ek het genadiglik vergifnis ontvang vir dit wat ek nie gedoen het nie, toe ek duidelik opdrag gekry het om dit wel te doen. Dalk sal ek dit met ander deel in ‘n later blog om aan my mede-gelowiges die prys van ongehoorsaamheid duidelik te maak. Baie baie dankie vir hierdie “blog post”, want Vader God neem sekere gawes of talente by ons weg wanneer ons dit nie in gehoorsaamheid tot Sy verheerliking gebruik nie. In die proses kan ons ook daardie spesiale verhouding wat ons met Hom het skade aanrig. Weereens dankie en hou vas aan Christus Jesus.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s