Versendingsmoontlikhede

Ja, daar is ‘n klein handjievol winkels wat Toortsie se Bantingboeekos aanhou en ek is dankbaar vir elkeen van hulle. ‘n Groot aantal boeke word egter weekliks gestuur na mense per pos of koerier. En sommer net terloops, ek gee nie om om die boeke vir jou te stuur nie! Ek doen dit graag.

Ek het regtig al baie boeke met die SA Posdiens versend en daar het nog nie een boek weggeraak nie. Soms mag dit gebeur dat die poskantoor nie die ontvanger laat weet dat daar ‘n boek is nie, dan neem dit baie langer voor die persoon die boek kry. Die boeke word per geregistreerde pos gestuur, en sodra die pakkie ingegee is, stuur ek die versendingsnommer, of ‘tracking number’ vir die persoon. Tot dusver het dit nog elke keer goed gewerk en teen R40 is dit die goedkoopste manier van versend.

Mense kan ook vra vir Postnet-versending. Dis dan Postnet na Postnet, teen R100. Weer eens stuur ek vir jou die versendingsnommer en sodra die pakkie by jou naaste Postnettak aankom, gewoonlik binne 3 dae, stuur hulle vir jou ‘n sms.

Sou jy jou boek deur Bidorbuy bestel, is daar ook ‘n derde versendingsopsie, nl Pargo. Sou jy hierdie opsie kies teen R60, bied hulle vir jou die keuse van punt waar jy dit wil afhaal in jou dorp. Landwyd het hulle afhaalpunte, en Clicks winkels is nou ook bygevoeg as afhaalpunte. So jy merk net die afhaalpunt en wanneer hulle jou laat weet, kan jy die pakkie daar gaan afhaal. Maklik!

Intussen hou ek jou op hoogte dat ek jou bestelling ontvang het en wanneer ek dit sal kan stuur. Ek bly mos op ‘n plaas en gaan nie elke dag dorptoe nie.

Hoe bestel jy? Hoe maak jy as jy ‘n boek wil hê?

Party mense verkies ‘n bankoorbetaling. Jy betaal en stuur vir my ‘n epos met die bewys van betaling asook jou posadres. Kan jy glo dat mense soms vergeet om hul adres vir my te stuur?

Bidorbuy is vir my een van die oulikste opsies. Daar kan jy presies aandui watter boek jy wil hê, Afrikaans of Engels, jou posbesonderhede en andrr inligting invul. Jy kan ook per bankoorplasing betaal, kontant inbetaal of per kredietkaart. Soek net vir Toortsie en jy sal my daar vind!

Vir internasionale kopers is Paypal die beter opsie. Die prys is in Amerikaanse Dollars en jy betaal met jou kredietkaart. Dit werk ook baie goed.

So, jy kan jou boek regtig pynloos bestel en ontvang!

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Wat ‘n beloning

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

5 thoughts on “Versendingsmoontlikhede

  1. PayPal is werklik baie goed om te gebruik. Het probeer om n boek te koop met SA bank besonderhede wat net nie wou werk nie.Betaal toe d m v PayPal en in n dag se tyd is dit afgehandel en boek kon gestuur word sonder verdere probleme. Selfde met jou boek ook. Daar was geen probleme met betaling en stuur nie. Uitstaande diens wat jy gelewer het!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord