Ek wonder steeds

Elke jaar hierdie tyd gebeur daar iets vreemds op my blog. Dán trek ‘n spesifieke bloginskrywing van my die aandag, my verklaring wat ek oor Afrikaans gemaak het.

Een nuwejaarsdag, baie lank gelede, het ‘n trol wat die vorige aand té veel oujaar gehou het, ek vermoed hy het ‘n bloutjie geloop met ‘n meisie en het toe soos ‘n brombeer met ‘n seer toon gevoel, kom braak op my blog. My sleggesê oor ‘n klompie dinge, onder andere dat ek wil baasspeel op my blog en wil hê almal moet in Afrikaans skryf. O, en dit was beslis ‘n braaksel, want dit was in die vrotste Afrikaans denkbaar geskryf!

Dit gee toe aanleiding daartoe dat ek my verklaring oor my taal in baie duidelike woorde beskryf, hoe ek oor my taal voel, hoe ek die res van my lewe my taal sal bevorder waar ek ookal kan, dat ek elke persoon dit gun om in die taal van sy keuse te skryf en praat, maar dat ék Afrikaans verkies. Of ou trolla dit gelees het, weet ek nie, maar van al my bloginskrywings word dit die tweede meeste gelees. Die meeste is natuurlik ‘Watter werk kan ‘n mens van die huis af doen’ en kort op hulle hakke volg ‘Was jy al ooit moedeloos?’

Maar elke jaar hierdie tyd begin my Verklaring oor Afrikaans leef. Niemand lewer kommentaar nie, maar hy word gelees en gelees. Die misterie leef voort. Het dit te doen met die matriek-eksamen? Het skole hierdie tyd van die jaar mondeling hieroor? Hoekom sal dit juis hierdie tyd van die jaar soveel meer gelees word? Die soekenjinterme sluit die woord, Afrikaans, in, so dis nie iets anders wat die lesers bring nie.

Die misterie sal seker altyd bly voortbestaan.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Wat ‘n beloning

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

12 Responses to Ek wonder steeds

  1. Kameel sê:

    Ai Toorts daar was ‘n tyd dat ek NET Afrikaans geken het. Ek onthou dié dag by die werk toe ek bel dat iemand ‘n pakket moet kom afhaal. Toe die persoon vra ek moet dit in Engels herhaal plak ek die foon net daar in sy oor neer. Nie daardie dag gedink net om die draai lê daar vir my ‘n lang pad van Engels voor nie.

    Liked by 1 person

  2. Werner Olivier sê:

    Mooi skrywe oor jou verklaring oor Afrikaans.Ek het jare gelede tydens my weermag dae te doen gekry met die verskillende dialekte van Afrikaans,hoewel my opleiding in engels was het ons party dae gele soos ons lag,hoe mense se uitsprake is.Ons was mense van oor die hele SA saam en dit is iets wat my altyd sal bybly.Ek kan vandag nog sekere segoed onthou.Ek is nou nie ‘n gewoonte vloeker nie,maar ek dink Afrikaans is die beste taal vir so iets.
    Groetnis.

    Like

  3. Pixie sê:

    Misterie verseker, maar wees ook baie trots! Trots Afrikaans x

    Liked by 1 person

  4. Jou verklaring bly van toepassing – Afrikaans is mos lekker. Dis darem beter as my skrywe oor kokkerotte wat nog heel bo aan my blog se gewildheidsleer bly. O ja, en myne is ook seisoenaal, baie gewild in die somer.

    Liked by 1 person

  5. Dis seker Google se inligting vir ‘n soektog na AFRIKAANS.Ek gaan nou gou daar kyk.
    Ek het nou die dag ‘n woord gegoogle en toe kom ek op ‘n ou geskrif van myself af.Ek was eintlik dik van die lag,want ek dink dis net ek wat daardie woord ken en nog ooit iewers gebruik het.
    Afrikaans bo en trolle se voet!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s