Wat sit ‘n mens alles op sosiale media?

Hester het ‘n goed deurdinkte bloginskrywing gemaak oor fundamentele egtheid. Wat onthul jy op sosiale media en wat nie?

Kyk, misverstande ontstaan vinnig, of dit nou in persoon is, per sms, e-pos, alle vorme van sosiale media. Soms plaas mense doelbewus goed met ‘n byt in omdat hulle iemand wil bykom, soms word iets doodonskuldig geplaas, maar iemand het lang tone wat graag getrap wil word, wat soek om getrap te word. Soveel keer kry Facebook dan die skuld. Dan word Facebook as die duiwel self afgemaak.

Persoonlik voel ek Facebook of blog of wat ook al is net ‘n verlengstuk van my sitkamer. Soos ek in my sitkamer met vriende kuier, netso doen ek dit op faceboek of my blog. Lees julle op my blog, kuier julle in mý sitkamer. Lees ek by jou, is dit so goed dat ek in jou sitkamer by jou kuier. Dieselfde respek wat ek in jou huis teenoor jou betoon, behoort ek op jou blog of ander sosiale media te betoon.

Ekself verkies om positiewe goed te skryf. Ek het genoeg tjollas in my lewe om my blog en faceboek ook nog te kom besoedel! Sou ek wel iets oor my negatiewe ervarings skryf, sal dit ten doel hê om iemand anders wat ook in die afvoerpype ronddwaal, te probeer ophelp en moed gee.

Sommige van ons hou daarvan om al die wasgoed op die draad uit te hang, ander nie. Soos Hester sê, net soos in die gewone lewe ook. Ons kies mos in ons gewone lewe ook wat ons vir die buitewêreld wil wys en wat nie!

En as daar van ons is wat ‘n fiktiewe, fantastiese omgewing op ons sosiale media wil skep, hoekom nie? Dis dalk vir daardie persoon ‘n heerlike ontvlugting.

Die lekkerte is mos dat ons mag kies wat ons lees of nie!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Doen dit vandag nog

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

18 thoughts on “Wat sit ‘n mens alles op sosiale media?

    1. Praat jy van die skakel as jy bv na ‘n bloginskrywing verwys? Ongelukkig moet my maar die hele adres plak.
      So jy kliek op die bloginskrywing waarna jy verwys. Kleur die URL (adreslyn) in. Regskliek. Copy.
      Gaan na jou storie wat jy skryf. Kies die woord wat as skakel sal dien in jou storie. Kleur die woord in. Regskliek daarop en paste.
      Antwoord dit jou vraag?

      Like

Gesels saam, asseblief!