So ek verjaar toe

Nes elke ander mens en nes elke ander jaar, verjaar ek toe ook weer! Groot geskenk van ons liewe Heer, elke nuwe nuwe lewensjaar.

Orals op faceboek kom foto’s van my 50e verjaarsdag. Daardie jaar het ek behoorlik verjáár. Maande voor die tyd het ek besluit om partytjie gehou, lys name opgestel, facebookgroep begin, mense genooi wat op fb is. Orals waar ek mense raakloop, nog genooi, en op die ou end op my lys gekyk wie genooi moet word.

Die uitnodiging was dat hulle net moes kom, vergeet die present, bring sommer ‘n steggie of blom uit die tuin,  of pluk suring langs die pad. man, steek net ‘n veer in jou hoed en kom!

Hulle hét gekom, vere in hoede, steggies in die hand, en ons het partytjie gehou en gekekkel net soos ‘n klomp vroumense maar kan.

Vanjaar het ek besluit om my twee ma’s te bederf vir die dag. Albei is baie oud, erg diep in die 80. My ma het klere nodig vir die troue op hande. So, ek en my ma en skoonma en die rolstoel het die pad gevat Struisbaai toe vir die dag. Dis rolstoel aflaai, ouma uit kar tel, in rolstoel in, skoonma, verstrengel in veiligheidsgordel, loskry, klere aanpas, terug in kar, rolstoel in die kar insukkel, almal vasmaak met veiligheidsgordels, volgende winkel. Uiteindelik het ons heerlik saam gaan eet by die hawe.

Ek het rolstoel gestoot soos nog nooit tevore nie en vermoed ek gaan môre spiere hê wat ek nie voorheen gehad het nie.

Ek is dankbaar. Ek weet nie of ons ooit weer so ‘n uitstappie sal hê nie, dit raak fisies onmoontlik. Ek weet nie eens of ons weer ‘n verjaarsdag saam sal beleef nie. Op so ‘n dag besef jy dat al die vassit oor jare oor nonsens, nie opweeg teen die wonder van saamwees nie. Dan besef jy dat elke oomblik spesiaal is en is jy dankbaar vir elke keer wat jy nog saamwees gegun word. Ek sal dalk nog weer ‘n veer-in-die-hoed-partytjie beleef, maar hoeveel keer ek nog saam met my ma en skoonma die dag kan geniet, weet ek nie.

Gryp die dag! Dis die moeite werd.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Doen dit vandag nog

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Die lewe. Bookmark the permalink.

13 Responses to So ek verjaar toe

  1. nowathome sê:

    Dis mos hoe mens ‘n verjaarsdag moet vier!! Wonderlik!!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Dit is ‘n verjaarsdag wat jy sal onthou en altyd treasure.

    Liked by 1 person

  3. Pixie sê:

    Ek glo sy het dit baie waardeer en geniet

    Like

  4. Baie geluk met die verjaardag. Dit gaan vir jou ‘n mooi herinnering bly.

    Like

  5. Dis baie spesiaal om saam met hierdie twee vrouens jou dag te vier!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s