Die Christen en aanraking

In ‘n gesprek oor aanraking met ‘n Moslemvriendin vir wie ek geweldig baie omgee, kom aanraking ter sprake. Moslems het nie eintlik fisiese kontak met die teenoorgestelde geslag tensy dit nie baie na-familie is nie. Ek respekteer dit, maar die gesprek het my ‘n bietjie laat nadink oor die Christen en fisiese kontak.

In die Bybel kom drie tipes liefde ter sprake: God se liefde vir ons, die liefde tussen man en vrou en liefde soos tussen vriende. God het ons lief, ongeag wat ons doen, Hy het ons eerste liefgehad, Hy bewys Sy liefde vir ons deur Jesus se kruisiging. Liefde tussen vriende is anders as liefde tussen ‘n man en ‘n vrou. By die liefde tussen ‘n man en vrou is die fisiese kontak ook 100 persent anders as tussen vriende. Tussen vriende is daar nie veronderstel om vryery en uitlokking en lus te wees nie.

Seks is gemaak om mooi en goed te wees en dit hoort in die huwelik. Tog is daar soms tussen twee mense baie ‘meer’ as bloot vriendskap en dan kan hul dit afmaak as dat daar ‘niks’ tussen ons is nie bloot omdat hulle nie seks gehad het nie. Dis van sulke verhoudings, waar mans vroue met hul oë uittrek en waar mans en vroue mekaar begeer, waarvan Jesus praat in Mattheus 5 praat as hy oor kuisheid praat met getroudes, dat selfs deur na ‘n ander vrou met begeerte te kyk, dit so goed is dat jy egbreuk gepleeg het.

Daar moet beslis onderskei word tussen na iemand kyk met begeerte, of net na iemand te kyk. Dieselfde by aanraking. Ek spring nie in die bed met elke persoon aan wie ek raak nie.

Daar is verskillende maniere van aanraking. Ek sal byvoorbeeld iemand ‘n drukkie gee om my medelye te bewys, of ‘n blye drukkie van hello sê. In my kinderdae was fisiese kontak tussen verskillende rassegroepe in SA nie sommer gedoen nie en dit het soveel afstand veroorsaak. Op ons plaas het ek gesien wat fisiese kontak, net ‘n aanraking, aan gesindhede doen. ‘n Vriendelike handdruk wys vir ‘n persoon ek aanvaar sy menswees, en dis juis een van die dinge wat Jesus ook van ons verwag, om mekaar as mense te aanvaar.

Alhoewel ek nie die beste soener in die wêreld is nie en ook soms gril vir ‘n soen, is soengroet deel van my kultuur en het ek ook geen seksuele begeertes of idees as ek iemand hartlik op die mond soen nie, selfs met ‘n drukkie daarby.

Selfs in die Ou Testament lees ‘n mens op verskeie plekke waar mense mekaar gesoen het. Ongelukkig word slegs groetsoene tussen mans beskryf en kan ek nou nie bewys dat dit ook tussen die verskillende geslagte was nie. Saam met dit kan ek ook getuig daarvan dat daar baie keer mans is, veral ou mans, wat die situasie wil uitbuit en ek glo dis hoekom die Moslemreël daar is, sodoende word die vrou beskerm teen sulke mans. Terselfdertyd sal daar ook sekerlik vroue wees wat so ‘n situasie misbruik.

Daar staan op verskeie plekke in die Nuwe Testament dat ons mekaar met ‘n broederlike kus moet groet. Daar is natuurlik ook mense wat hierdie term uit verband uit wil ruk. Al wat ek kan getuig, is dat sedert ek vriendelik aan mense raak, harte en deure vir my oopgegaan het.

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Doen dit vandag nog

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

6 Responses to Die Christen en aanraking

  1. Kameel sê:

    Ons twintig of meer mense in ons selgroep (mans en vroue) druk en soen mekaar elke Sondag en Dinsdag. Daar is geen bybedoelings nie; alles pure Jesusliefde. Ek het tot ‘n man se hand teen my wang gedruk en dit toe gesoen uit pure medelye met die chemo waardeur hy nou gaan.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s