‘n Vrou maak ‘n plan

Ek geniet die stories in die Ou Testament baie. Soms is dit baie negatiewe goed vir lank en dan skielik val daar ‘n stukkie goud uit.

Vanoggend het ek kliphard gelag vir die stuk wat ek lees en Nastasja Franzen het my oortuig met háár storie oor mans en PMS om hierdie te plaas.

Die het nie meer lekker gegaan in koning Dawid se koninkryk nie. Eers het sy seun, Absolom, probeer om die koningskap te steel.

Toe kom daar ‘n sekere Seba wat dink dis nou sý kans en probeer om met ‘n klomp manne af te skeur van die koningskap. Joab het hom en sy makkers agterná gesit, in die proses sommer vir Amasa ook vermoor, die Seba-span agtervolg tot in Abel-Bet-Maäka. Die Seba-lot is in die stad terwyl die Joabspan die muur ondergrawe om dit te laat inval en só die stad te beleër.

Dis net tóé wat ‘n vrou ‘n plan maak!

Ag, niemand het gedink om haar naam te vra nie. Hulle sê darem sy was ‘n wyse vrou! Mans en hul ego’s!

Sy roep toe vanuit die stad dat sy met Joab wil praat. Hy gaan toe ook nogals om te hoor wat sy wil sê. Sy vra hom wat die probleem is dat hy ‘n gesiene stad in Israel wil uitroei. Hy vertel haar van Seba wat in opstand teen die koning is. Sy sê, wag net so ‘n bietjie …

‘n Rukkie later word Seba se kop oor die stadsmuur gegooi … en … als oor!

Mooi man! 🙂 Doller as kop-af, voorwaar!

Toortsie

2 Samuel 20: 14-22

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Doen dit vandag nog

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Vroue in die Bybel and tagged , , . Bookmark the permalink.

13 Responses to ‘n Vrou maak ‘n plan

  1. Eish! Madame Defarge: “He may wear his head or lose it, for any interest I have in him; it is all one to me.” Die Ou Testamentiese verhale kan nogal wreed wees – dit herinner mens amper aan hedendaagse geweld 😀

    Like

  2. esrohblog sê:

    Hi Daar! Wil net sê dat daar ‘n paar dinge in die Bybel geskrywe staan wat die meeste “heilige Hansies en Grietjies” onder ons broers en susters sal laat snak na hul asem… Nou met dit in gedagte kan ek maar net sê dat PMS ‘n baie oulike beskrywing in Engels het; “Peed-off Mares Syndrome”.

    Like

    • Toortsie sê:

      Ja ek het daarná gewonder of ek dit kon waag om dit hier te herhaal! Dit was net vir my lagwekkend toe ek die hele prentjie so voor my sien afspeel. Seker nie veronderstel om lagwekkend te wees nie! In nou se dae sal daar vreeslike ‘revenge’ wees as so iets gebeur, daar sal geen einde aan wees nie!

      Liked by 1 person

  3. Skryf asb daai boekToortsie!

    Like

  4. Terug pieng: Vroue laat die koppe rol | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  5. Terug pieng: Ledigheid is die duiwel se oorkussing | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s