Hierdie epos verdien ‘n plekkie van sy eie

Ek kry so dan en wan ‘n mooi woordjie oor my boek en dis tog te lekker. Hierdie epos verdien egter ‘n plekkie op my blog:

Hi Madele

Baie dankie ek het my resepte boek vrydag middag gaan haal.  En was ek veras, wat ‘n lekker dik papier ek hou baie daarvan.  Die eerste ding toe ek die boek uithaal dog ek maar die boek voel lekker, dis asof jy die prentjie kan voel.  hehehe

Ek het begin lees, neer gesit en iets gemaak om te eet en verder gelees, bed toe en hom klaar gelees.  Ek wou hom nie neer sit nie.  Madele ek moet sê dis die eerste keer dat ek voel die kan ek ook doen.  Jy weet die ander resepte boeke wat ek al gekoop het het my sommer moedeloos gemaak van die begin af.  Ek verdien nie ‘n groot salaris nie en van die resepte kom so baie goed in, as jy dit klaar gemaak het is jy platsak. Of as jy by die vis resepte kom is alles salm, wat duur is.

Elke resep behalwe vir die skaapboud hehehe het ek gedink aaaa hier is net ‘n paar bestandele aaa dis maklik en dit gaan nie baie duur wees nie.  Baie dankie vir dit nou kan ek begin. hehehe.  

Ek het reeds die hoender stew en die kool een gemaak gister, gevries en nou het ek vir meer as n week in die aand kos en dit smaak voorentoe.

Ek gaan vir jou op hoogte hou van my vordering en die dag as ek goal weight is dan stuur ek vir jou ‘n before en after met die respteboek in die middel.

Net ‘n vragie of twee:

Wat drink jy en gebruik jy melk of nie en ek is nou nog nie goed met die porsie ding nie.  Ek het nou die twee resepte soos jy sê gemaak en vir my vier bakkies uitgeskep en gevries.  Is dit per porsie te veel of is dit reg.

Ek eet ook avo eier tamatie vir ontbyt.  Gaan beslis jou souttert probeer as ek dit so kan noem wat ek dan ook vir ontbyt gaan probeer.

So ek sal bly wees as jy net vir my kan sê hoe weet ek of dit te veel of te min is.

En baie dankie vir jou hulp ek waardeer dit ongelooflik baie.

Groete, E

Baie dankie vir die HEERLIKE epos! Ek is so bly dat jy die boek geniet.

Om jou vrae te beantwoord:

Ekself is nie baie lief vir melk nie, so ons gebruik baie min melk in die huis. Volroommelk is toelaatbaar, maar oppas vir te veel omdat dit baie koolhidrate bevat. Gebruik eerder room indien dit moontlik is.

Prof Noakes sê dat jou vleisporsie so groot en dik soos die palm van jou hand moet wees. Ekself doen egter glad nie porsiebeheer sedert ek Banting (LCHF) doen nie. Sommige dae wil ek heeldag knibbel, ander dae nie. Party dae is ek lus vir NOG kos, ander dae nie. Ons almal verskil. Die reël bly steeds: Eet wanneer jy honger voel, stop wanneer jy versadig is. Omdat ons hoër vetinname het, voel ons gouer versadig en kan ons langer hou voor ons weer honger raak.  Jou eie liggaam sal vir jou sê wanneer dit te veel of te min is.

Sterkte vorentoe!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Doen dit vandag nog

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

toortsie_2016_photographybylize-8

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF. Bookmark the permalink.

18 Responses to Hierdie epos verdien ‘n plekkie van sy eie

  1. AWETHENTIQ sê:

    Brood vra brood. Brood skree vir nog. Dis gif. Ek dink jou boek moet langs elke mens se Bybel lê

    On 21 Oct 2016 06:06, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Ek kry so dan en wan ‘n mooi woordjie oor my boek en dis > tog te lekker. Hierdie epos verdien egter ‘n plekkie op my blog: Hi Madele > Baie dankie ek het my resepte boek vrydag middag gaan haal. En was ek > veras, wat ‘n lekker dik papier ek hou baie da” >

    Like

  2. Dis beslis n spesiale plekkie werd.

    Liked by 1 person

  3. Lekker om sulke mooi terugvoer te kry.

    Like

  4. Dit was nou kompleet asof ek ‘n vinnige kuiertjie met jou en E ingekry het.

    Liked by 1 person

  5. Kameel sê:

    Dis ‘n pragtige foto van jou. Positiewe terugvoer….. dit is wat my man altyd sê die regeet is so duur dat dit nie almal se sak pas nie.

    Liked by 1 person

  6. Werner Olivier sê:

    Ek stem saam met Kameel.’n Baie mooi foto van jou Toortsie.Ons Baby Boomers is nog op en wakker en kan die jonges nog ‘n ding of twee wys.
    Groetnis.

    Like

  7. Ag ja, werklik – heerlik om sulke terugvoer te kry! Motiverend, inspirerend, opbouend. Ek glo die foto is geneem nadat jy die e-pos gekry het. Pragtige foto.

    Like

  8. Dis beslis ‘n mooi getuigskrif.

    Like

  9. katrina sê:

    ‘n Lekkerleesbriefie inderdaad en so uit die hart.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s