Ursula swerf die wêreld vol

Ek, Ursula mag toe mos nie saam met die Toortsie Aussieland toe toer nie, nee, ek moes agterbly! Maar tipies Toortsie het sy lankal vergeet watter opdrag sy vir my gegee het!

Vir Awethentiq vertel sy ek moet agterbly om te werk, want iémand moet werk! Gmf! En toe sy terug is, verklaar sy dat ek haar verlaat het! Asof ek dít kan waag! Sjoe! Haar kop is deurmekaar! Sy het wraggies vergeet dat sy my opdrag gegee het om vir Nicodémus te loop soek!

Nou, as julle nie weet wie Nicodémus is nie, laat ek verduidelik: Eerstens is ons nie seker of daar wel ‘n Nicodémus is nie! Sy, Toortsie het net een dag gewonder of haar broer ook ‘n Aler Ego het, en sý, Toortsie, het sommer beslúít dat, indien hy bestaan, sy naam Nicodémus sal wees.

Ek het al voorheen órals gesoek, orals waar die boeta al gewerk en gewoon het, en tot die slotsom gekom dat hy sekerlik iewers op reis sal wees, dis nou te sê, ás hy bestaan!

So, terwyl ou Toortsie en haar manlief gaan honeymoon hou het, moes ek behoorlik die wêreld deurkruis, want wáár kan hy tog wees? Wáár begin ‘n mens soek? So ek is Europa toe, deur groot dele van Oos- en Wes-Europa. Mensig dis mooi! Daar is net iets ánders aan Europa! Ek moes so konsentreer op my missie, want die mooiheid van alles het my soms laat vergeet wat ek eintlik daar doen. Ek was by parke, by die besienswaardighede, in kroeë … orals, maar nêrens het ek vir Nicodémus raakgeloop nie! Ja man, ek hét Nicodemusse raakgeloop, maar nie ONS Nicodemus nie!

Genade! Julle wil nie weet hóé lyk party van die Nicodémusse wat ek gesien het nie. Hoe gril ek nou! Olierige hare, fyn snorretjie, ore wat so puntjies maak. Gladde mannetjies. Nee dankie! Ons Nicodemus sal nie só lyk nie! Hy sal ordentlik wees en oulik en vol pret!

By die Eiffeltoring, op die derde vloer, dog ek, hier is hy! Weet julle hoe bang was ek? Die derde vloer van die Eiffel is hoog! Erg hoog! Dáár staan toe sowaar ‘n Nicodémus, een wat lyk of hy óns Nicodémus kan wees! En hy praat sowaar Afrikaans! Sjoe, ek het hom amper om die nek gegryp en gesoen! Maar nee, hy is nie Toortsie se boeta se Nicodémus nie. Hy woon in Kaapstad. Nie ons man nie.

Intussen hoor ek toe ou Toortsie is terug by die huis en sy vang allerhande onverantwoordelikhede aan, so ek moes inderhaas terug. Ook nét betyds, want toe ek daar opdaag, staan sy met haar ou kitaartjie voor in die kerk en die ‘tweede stem’ wil net nie kom nie! Ek kon darem help en het so stilweg gelag toe sy verlig vir die dame langs haar sê: “Ursula is terug!”

Ek dink nogals ou Toortsie waardeer my!

Ursula

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Doen dit vandag nog!

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

12 thoughts on “Ursula swerf die wêreld vol

  1. Nee, ek verstaan nou nie. “Hy moet ordentlik wees en oulik en vol pret”. In mý jongdae was daar ordentlike outjies en daar was outjies wat oulik en vol pret was, maar daar was nie die soort wat ál drie eienskappe gehad het nie. My pa sou saam met my gestem het en sy naam was Nico(laas), so hy moes geweet het.

    Like

  2. As ek vir jou sê jou Ursula maak my bang…. nee miskien is benoud ‘n beter woord, bedoel ek dit. Ek weet sy is “fake” maar my bors trek toe wanneer ek van haar lees. Just mabe it hits too close to home. Asseblief moenie sleg voel en dink jy moet haar nek om draai nie, ek is net openlik oor my eie gewaarwordinge.

    Like

    1. Ek geniet haar so ek gaan nie haar sommer nek omdraai nie. Dis regtig lekker verbeeldingsvlugte en dis eintlik die eerste keer wat ek my verbeelding vrye teuels gee. Daar is altyd ‘n ondeunde vonkel in my oog as ek van haar praat. Ek weet sy is net ‘n nagemaakte iets. Ek dink jy kan rustig wees. 🙂 As kind het ek so met Sôtie ook gepraat. 🙂

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!