Skuilnaam, of nie?

Die Wit Hasie vra, wanneer maak jy jou naam bekend, jou regte naam? Dra jou skryfwerk gewig as jy onder ‘n skuilnaam skryf? Kruip jy agter ‘n skuilnaam weg om goed te skryf wat jy nie onder jou eie naam wil skryf nie? Sy noem dat dít wat sy skryf, sy ook onder haar eie naam sou kon skryf.

Skuilnaam, of nie? Dis ‘n besluit wat elke persoon vir homself maak en ek dink nie daar is ‘n regte of verkeerde antwoord nie.

Ekself het begin blog onder my eie naam. Ek was baie openlik oor wie ek is, dis mos maar my geaardheid! Een aand het ek skielik koue rillings gekry met ‘n besoeker op my blog en besef dat die hele wye wêreld my goed lees en ek myself erg blootstel. Net daar het ek my blog afgevee. Ek moet ook noem dat ek tóé in ‘n regte sielestryd was, blog of nie? Ek was totaal verslaaf aan my blog!

‘n Paar dae later het Toortsie ontstaan. Die bloggers het baie gou geweet dat hierdie Toortsie maar dieselfde een was as die Madelé wat oornag verdwyn het. Tog het ek in ‘n mate meer ‘beskerm’ gevoel, ek dink ek het net myself gebluf.

Omdat ek my blog op facebook bekendstel; omdat ek deel is van ‘n plattelandse dorp en ek weet dat mense wat my ken, hier lees; omdat my skoonpa my destyds al gesê het dat as jy nie bereid is om jou naam onderaan ‘n brief te skryf nie, moet jy dit nie skryf nie; omdat ek ma staan vir alles wat ek skryf; daarom kyk ek steeds mooi wat ek skryf en maak dit nie saak of ek onder my eie naam sou skryf of onder ‘n skuilnaam nie. Veral nadat my boek uitgegee is, weet baie mense op ons dorp nou wie Toortsie is, dis nou te sê as hulle sou wou weet.

So Toortsie het my handelsmerk geword. Tog wil ek nog bly hoop dat dit my ietwat beskerming gee, al is dit soos om met ‘n flipfile teen die donderweer te skuil!

Ek weet ook dat hier mense is wat erg persoonlike goed skryf en verkies om eerder ‘n skuilnaam te gebruik. Dit maak nie saak nie. Elkeen skryf soos hy graag wil en ek kan nie dink dat jou skuilnaam minder of nie meer gewig aan jou skryfwerk sal gee nie. Die mense lees wat jy skryf omdat hulle dit graag wil lees.

Tog hou ek daarby dat ‘n skuilnaam jou steeds nie die reg gee om ander te beledig nie. Hierdie skryf ek in die algemeen, nie teen enige persoon gemik nie. Dit gee ons wel die vryheid om meer te skryf as wat ons onders sou wou, maar ons skuilnaam is steeds iets van onsself.

Solank ons net skryf! Skuilnaam of te nie. So Hasie, as jy voel om op jou blog te skryf wie agter die hasie skuil, kan jy maar. Of nie. Net soos wat vir jou gemaklik is. En of jy in jou eie naam skryf of nie, dis steeds jou eiensom. As iemand dit steel, steel hulle van jou, ongeag jou naam.

Groetnis

Toortsie

(en julle sal tog nooit kan raai wie ek is nie!) Whêla!

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Doen dit vandag nog!

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging and tagged . Bookmark the permalink.

10 Responses to Skuilnaam, of nie?

  1. seegogga sê:

    ‘n Skuilnaam gee tog vir my beskerming, dink ek. My beste vriende weet wie ek is, maar die res vd wereld nie, tensy hulle baie moeite doen… en dan is hulle weird! (O gaats!).

    Like

  2. Korrelkop Kahuna sê:

    Hoe langer jy blog, hoe moeiliker raak dit om jou ware identiteit weg te steek. Steeds, as ek dit kon oordoen, sou ek steeds onder ‘n skuilnaam geskryf het. Ek sou net baie meer moeite gedoen het om my web persona apart te probeer hou.

    Liked by 1 person

  3. AWETHENTIQ sê:

    Skuilname hou trolle makliker weg.

    Like

  4. Kameel sê:

    Ek stem, dit voel darem of jy agter ‘n flipfile teen die donderweer skuil. Ek lief hierde vergelyking!!! Kyk wanneer ek hemel toe verhuis het kan my kinders maar lees…. maar tot dan hoop ek die flipfile hou.

    Liked by 2 people

  5. Ek hou van my skuilnaam…dis half of ek iemand anders is.Baie mense weet wie ek is,maar daardie ander persoon gee my bietjie afstand van myself.

    Liked by 1 person

  6. Ek stem. Die skuilnaam sal ook maak dat jy miskien iets van jouself makliker sal ontbloot? Soms steek ons dinge in ons hart weg … en sal makliker daaroor praat onder die skuilnaam.

    Liked by 1 person

  7. Die skuilnaam help so effens met die gespelete persoonlikheid Ek die die sosiale media het mens se vriendskap na ‘n ander vlak geneem en dis lekker om ook ‘n deel van die mens agter die skuilnaam te leer ken?

    Liked by 1 person

  8. n Skuilnaam of alias het sy voordele. Met verloop van tyd leer mens tog van die mense ken en n skuilnaam is dan nie rerig nodig nie. Dit gee tog n bietjie beskerming teen mense wat daarvan hou om af te breek.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s