Treinstasies vol gedagtes

wp-image-1656915979jpg.jpg

Christine Caine vertel in ‘Unashamed’ van die dag wat sy laat was, gejaagd om betyds vir haar eksamen in die ander kant van die stad te kom, en in die haas op verkeerde trein beland het. Dít het meegebring dat sy heelwat later op totaal verkeerde stasie beland het.

Haar waarskuwing? Hou jou gedagtes in toom! As ons toelaat dat ‘n verkeerde gedagte in ons koppe posvat en kans gegee word om sy gang te gaan, dit is soos om op verkeerde trein te klim. ‘n Negatiewe gedagte wat vrye teuels gegee word, het die neiging om jou net negatiewer en negatiewer te maak, jou hele dag/week/jaar te beïnvloed, jou optrede te beïnvloed. En dit is só verskriklik waar!

Ons hét beheer oor ons gedagtes, ons kán ons gedagtes in toom hou … uhm … ja. Soms kry ek dit reg, ander dae nie. Soms is dit amper onmoontlik!

Ons kan nie altyd beheer wat ander mense aan ons doen nie, ons kan nie help as hulle ons so bombardeer dat dit ons gedagtes wil oorneem nie, maar wat ons daarmee dóén, dís die vraag. Gaan ek toelaat dat ‘n onnadenkende epos of sms of wat ook al, my hele dag/week/vakansie bederf? Of gaan ek doelbewus besluit dat ek nie op daardie trein gaan klim nie, dat ek nie gaan toelaat dat die persoon beheer oor my gedagtes neem nie?

Dis beslis nie maklik nie, maar moontlik, en as ons daarop konsentreer, kan dit tog gedoen word.

So, hóé kan ons dit doen?

Deur doelbewus op iets anders te fokus. Deur hard en duidelik vir jouself te sê, hierdie is nou sommer nonsens, ek gaan nie toelaat dat dit my dag bederf nie.

Deur dit vir die Here te gee, en as jy dit oor 5 minute terugvat by Hom, dit weer vir Hom te gee en weer en weer en weer. Gee dit met ‘n aksie. Vat dit in jou kop met altwee jou hande en gee dit met albei arms vir Hom.   Sing lofliedere.

Tel jou seëninge. Begin fokus op die honderde goeie goed wat God elke dag vir jou gee. Fokus op hoe Hy jou in die verlede uit krisissituasies gehelp het. Vertrou Hom. Loof Hom. Prys Hom. Glo dat Hy jou ook hierdeur sal help.

Bepaal jou aandag by jou werk, by dit wat jy vandag móét doen.

Maklik is dit beslis nie, ek weet! Maar moontlik, wel.

Kom ons klim op die regte trein!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Net ‘n bietjie oogkontak

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

28 thoughts on “Treinstasies vol gedagtes

  1. Take EVERY thought captive and bring it into obedience to Jesus Christ. Dit is duidelik dat ‘n mens nie een oomblik kan slaplê wanneer dit by jou gedagtes kom nie. Die lees is natuurlik baie maklik…. die doen ‘n ander storie. Partykeer vermoor ek my man tien keer ‘n dag voordat ek my gedagtes se teuels vasvat.

    Like

  2. Mooi skrywe Toortsie.Toe ek die opskrif sien,het dit my laat terug dink aan my weermag dae toe ek altyd die trein van Simonstad na Kaapstad gery het en terug.’n Trein is soos tyd,hy wag vir niemand nie.Ons het die middernag trein gery,wat baie veilig was in daardie jare,soos Steve Perry se liedjie,”taking the midnight train going anywhere” Vandag ry ons die Gautrein wat nogal ‘n lekker rit is.As jy ooit hier in Pta kom is dit iets om te.
    Groetnis.

    Like

  3. Goeie prentjie wat mens kan vorm, daardie gedagtes wat met die verkeerde trein en spoor langs loop.Ongelukkig is die trein gebind aan die spoor. Daar moet gestop word op n stasie, afgeklim word en dan geheel en al n ander trein gehaal word om by die bestemming uit te kom. Mmm moeilike besluit om te neem maar as die trein weer op die regte spoor is word alles sommer ligter en makliker. Het sommer die boek afgelaai op my kindle!

    Liked by 1 person

      1. Ja, daardie tyd! Ek het in Februarie al n boek aangeskf oor “Habits”. Gister vertel my vriendin dan die boek baie interessant is. Dit klink toe nagal bekend. Toe ek verder die boek opsoek sien ek ek het hom, nog nie eers oopgemaak nie!

        Like

              1. Natuurlik, maar ek weier om in die openbaar te erken dat my verstand stadig is. Dis my mond wat te vinnig is. Jy moet nou onderskei man, anders dink mense daar is iewers ‘n skroef los by ons 😀

                Like

Gesels saam, asseblief!