Nog ‘n lekker sms

So tussendeur kry ek hier en daar lekker terugvoering van Toortsie-eienaars en dis vir my heerlik! Dit ís mos lekker om iets moois te hoor as jy hard aan iets gewerk het!

Kyk hierdie sms:

‘Toortsie is beslis ‘n welkome vriendin vir hierdie karookind wat haar hier in Brackenfell bevind! As ek van jou gewigsomswerwinge lees, voel dit asof ek self dit geskryf het! My man het gister gesmul aan die vinnige yskastert en die kerriekoolbredie is aan die prut! Ons bant nou vir 7mnde en wil beslis nie van hierdie wa afval nie! Ek was nog nooit mal oor ‘n spieël nie, maar kan deesdae my eie oë nie glo wanneer ek “kleiner” klere aantrek nie! Mooi dag verder, baie dankie dat jy jou verhaal met ons deel.’

En toe kom daar so ‘n nagedagtetjie:

‘Die koolslaai is heerlik.’  Ja, dit is! Dis nie die ou gewone een met die kool en die wortel en die mayonnaise nie … 🙂

Dankie, dankie, dankie! Dis so lekker om te hoor!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Doen dit vandag nog!

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

toortsie_2016_photographybylize-29

20 thoughts on “Nog ‘n lekker sms

  1. Ek hou van die foto. Dit nooi n mens sommer omdeel te hê aan al die lekkerte in jou boek. Dis heerlik om sulke terugvoer te kry. In my geval kan ek baie trots sê: Ek ken daardie Toorts persoonlik. Ons het al baie saam gekuier en gesels oor alles onder die son.:)

    Liked by 1 person

    1. Dankie. Hierdie is weer ‘n tipiese voorbeeld van foutiewe skedulering. Hierdie bloginskrywing was bedoel vir 9 Desember! 🙂 Oh well … Dis hoekom die opskrif is NOG ‘n lekker sms! 😉

      Like

  2. Dit is goed om terugvoer te kry…. ‘n lekker tjoklit vir jou…. omdat jy mildelik aan ander tjoklits uitgedeel het. Ek sal daardie koolresep moet kry…. my man se suiker is sky high, en die insulieninspuitings doen nie alleen meer die werk nie. Hy skimp noual lankal hy soek kerriekool, maar die een wat ek maak het miljuisend aartappels in.

    Like

Gesels saam, asseblief!