Toortsie se voelgoedstorie 4 – Tjoklits op ons pad

Connie Cavanaugh vertel in ‘Following God one yes at a time’ dat sy en haar man baie lief is om te stap, maar dat hulle die liefde ook by hulle kinders wou kweek. Haar man sou vooruit draf en op strategiese plekke sjokolade neersit. Die kinders sou dan stap tot by die volgende sjokolade.

Sy vertel hierdie storie om te illustreer dat God dit ook vir ons doen. Hy sit vir ons klein belonings op ons pad. Is dit ‘n nuwe en moeilike pad, is die belonings meer gereeld, raak ons meer gevestig op die pad, is die beloning dalk eers by die eindpunt. Hierdie belonings help ons om gefokus te bly.

Soms mis ons die tjoklit omdat ons dalk van die roete afgewyk het. Soms was ons wel op die regte roete, maar het ons dalk in ‘n ander rigting gekyk en nie besef dat die tjoklit daar lê nie. Soms tel ons die tjoklit ingedagte op en sit dit in ons mond sonder dat ons besef dis ‘n tjoklit wat vir ons neergesit is met ‘n doel.

Soveel keer kry ek ‘n kompliment, iemand kom vir my op, ek kry iets reg waarmee ek hoe lank gesukkel het, iemand vra my raad, iemand ondersteun my onopvallend, en ek besef nie dis ‘n sjokolade op my pad nie! Dis daar vir my gesit om weer moed te skep om voort te gaan, dalk ‘n ander keer om vir my te sê ek is wel op die regte pad, hou so aan.

Wat ‘n heerlike gevoel wanneer ek besef: Hierdie was ‘n tjoklit van God af! Dán loop ek die hele dag met ‘n glimlag om my mond en proe die heerlike, romerige nasmaak.

Kyk uit vir die versteekte tjoklits! Daar’s meer as wat ons dink!

Mooi week!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Net ‘n bietjie oogkontak

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

Advertisements

18 thoughts on “Toortsie se voelgoedstorie 4 – Tjoklits op ons pad

  1. Dis baie waar, weet jy, ons mis baie keer die sjokolade op die pad. Ek is bly dat ak vandag hiedie voelgoed storie lees, op ‘n Maandag, aan die begin van ‘n nuwe week. Vandag, en die res van die week, gaan ek uitkyk vir daardie sjokolade en dankbaar wees wanneer ek dit teekom. Lekker week vir jou en dankie vir die volg.

    Liked by 1 person

  2. Dis ‘n oulike idee! Terloops, gister World Food Day gevier by Harbourview in Simonstad. Het geblog daaroor ook maar wil net sê ek was mooi soet en het net die regte goed geëet. Totdat my sinne oorrompel is deur ‘n meesterlike malvapoeding. Askies, mies! Maar die hele dag was soos versteekte tjoklits om elke hoek en draai. Die dag self was sommer ‘n boks vol.

    Like

      1. Ou Toortsietjie, mens proe dit nie net nie. Proe is soos om ‘n inbreker beleefd te groet. Malvapoeding geniet vrystelling onder Artikel 10(1)(r) van die Banting-wet. Die regte manier is om dit daadwerklik en toegewyd te verorber. Dis ons kultuur.

        Like

          1. Het gevestaan maar dalk het alle lesers nie mooi begryp nie. Dit was dié lekkerste ooit. My tong het pas getwiet,hy is op Metrorail oppad Simonstad toe. My lui lyf soek tjoklits oral in my woonstel.

            Liked by 1 person

          1. Was nooit lief vir koek nie totdat ek met diabetes gediagnoseer is. Toe gaan vier ek dit daar by La Playa in die V&A Waterfront, baie formeel met ‘n Chocolate Log wat ryk belaai is met tongverleidende souse van Lindt. Terwyl ek oor die blou Tafelbaai sit en kyk na Robbeneiland. Nóú weet ek waar vandag se tjoklit weggesteek is!

            Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s