Toortsie se Voelgoedstorie 3 – Kleur

capture

Kleur doen dit vir my. Kleur stimuleer my. Net deur na hierdie foto van my te kyk, voel ek gestimuleerd deur die kleur. Hoe bonter, hoe lekkerder, hoe beter. (Foto deur Photography by Lize)

Dis of die kleur ‘n klomp van my spanning absorbeer, die ys breek. Dis wanneer ek op my moegste of mees gespanne is wat ek die meeste na kleur gryp, amper verby grense na kleur gryp. Op so ‘n dag sal ek sommer vir my ‘n helder pienk kuif in my gryskop kleur, tot groot ontsteltenis van hulle naby aan my. Voel ek gespanne oor kosfoto’s wat geneem moet word, sit ek ‘n kleurvolle voorskoot aan en ‘n nóg meer kleurvolle doek om my kop.  Kleur gee my woema.

Ja, ek ken die kleurreëls. Ek weet mens mag nie bont by bont dra nie. Maar raai, ek gee nie meer om nie, want ek hou daarvan! My gehekelde sjaal met rooi, pienk, pers, blou, grys en swart dra ek op dae wat ek stralend voel.

Nou wil ek graag by jou weet. Hoe voel jy oor kleur? Verkies jy helder kleure, of verkies jy meer rustige, elegante kleure soos wit of room? Dra jy gemaklik ‘n kleur soos rooi? Beïnvloed kleur jou gemoedstoestand? Of bepaal jou gemoedstoestand die kleur wat jy dra? Daar is mos ‘n ou ding dat die skoolkinders gou leer dat as juffrou hierdie rok aanhet, hulle meer kanse kan vat, maar as sy ‘n ander rok aanhet, weet hulle dat hulle die dag liggies moet trap. Hou jy van bont? Verkies jy effe? Watter kleur laat jou goed voel? Watter kleur moet jy glad nie dra nie?

Die wonder is dat God ons almal uniek geskape het en dat ons juis daarom dit mag dra wat by onsself goed pas en waarin ons goed voel.

Hê ‘n kleurvolle dag!

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Net ‘n bietjie oogkontak

Toortsie’s LCHF Journey 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se voelgoedstories. Bookmark the permalink.

20 Responses to Toortsie se Voelgoedstorie 3 – Kleur

  1. AWETHENTIQ sê:

    Jeans kom in enige kleur waarvan ek hou. Maar dié Oom Lungu hou mos van swart langbroeke met donker maroen hemde as dit moet fênsie wees. Nooit pers, borriegeel of gigglegroen nie. Donkerbruin en beige of room werk nogal. Ek dink jou energie straal mooi uit in die foto. Die Skepper het jou een kyk gegee en gesê: “Go, Toortsie, go!” Baie in Hom se skik.

    On 13 Oct 2016 08:52, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: ” Kleur doen dit vir my. Kleur stimuleer my. Net deur na > hierdie foto van my te kyk, voel ek gestimuleerd deur die kleur. Hoe > bonter, hoe lekkerder, hoe beter. (Foto deur Photography by Lize) Dis of > die kleur ‘n klomp van my spanning absorbeer, die y” >

    Like

  2. marietastanford sê:

    Ek is die liefste vir rooi, maar daar was ‘n tyd in my lewe wat ek net wit wou dra. Dit was vir my vrede en stilte vir my siel

    Like

  3. Ek hou nie van bont patrone nie, maar ek is mal oor helder, sterk kleure wat jou sommer so ‘n klap deur die bek gee: geel soos die son, oranje soos ‘n vuur, rooi soos ‘n hibiscus, koningsblou soos die laatmiddag winterslug – dit dra ek saam met swart of blou jeans. Maar my in my huis verkies ek roomkleur en wit (pas by alles, veral as jy daarvan hou om rond te trek).

    Liked by 1 person

  4. travel460 sê:

    Jy slaan die spyker op die kop met jou kleur storie, Toortsie. Hoe ek die oggend opstaan, bepaal defnitief wat ek aantrek. En hoe ouer ek raak, hoe meer wil ek eksperimenteer. Oranje en rooi saam, daar gaan ons. Sit sommer nog pers ook by! Glad nie meer bang vir rooi nie, inteendeel. En een van hierdie dae het ek ook pers en swart plus bont in my hare. Want ek is ver oor vyftig, en niks meer bang nie. Nes die dapper muis…

    Like

  5. Kameel sê:

    Op ‘n tyd was my kas net wit en swart. Toe begin ek met kleur eksperimenteer in my naaldwerkdae…. groot flops gemaak. Hou nog van wit en swart, maar herfskleure pas beste by my. Hou nie van bont nie…. ek is nie ‘n blommekind nie 🙂 Het ‘n bloes of twee met blomme op, maar voel nooit gemaklik wanneer ek dit aan het nie.

    Like

  6. Vlindersag sê:

    Ek is so bly om te sien dat daar iemand is wat nie omgee of kleure bymekaar pas of nie. Ek het het laaste in die ry gestaan toe daai talente uitgedeel was wat maak dat mens kan onderskei wat pas by wat. Alle kleur is vir my mooi. Toe ek gestudeer het, het ek eendag ‘n bloedrooi hempie aangehad met ‘n sagte pienk baadjie. Ek ek is baie duidelik gevertel dat pienk en rooi nie bymekaar pas nie. En ek is jammer, maar ek kan dit tot vandag nog nie raaksien nie. Dit is vir my die mooiste twee kleure bymekaar. Ek is maar geneig om effe kleure te dra wat volgens die aanvaarde normes bymekaar pas, want ek werk in die korporatiewe wêreld, maar selfs dan sal dit ‘n pers, of helder oranje of rooi toppie wees by my stemmige eenkleur werksbroeke. Die helder en duidelike kleure gee my selfvertroue. As ek rokke dra, kan hulle maar bont wees, want dan voel ek soos myself! As ek luister na my vriendinne wanneer hulle praat van “oe, ja, ek het ‘n winterskompleksie so daardie en daardie skakering van groen sal byvoorbeeld nie by my kompleksie pas nie”, dan wonder ek liewer of ek nie iewers afgeval het voor daar nog ‘n ry was nie:-)

    Like

  7. O, kleur, Toortsie, ‘n wonderlike, gawe geskenk. Ek hou ook nie van bont of geblomd nie, maar ek hou van sterk kleure. Ek doen graag ‘n vlamoranje (burnt orange, noem my kleurboek hom). Nou die dag dra ek oranje na ‘n Amerikaanse winkel toe en die kassier komplimenteer my en sê min mense kan die kleur dra, want dit pas nie by hulle gelaatskleur nie. Toe eers sien ek hoe besadig is die res van die mense om my aangetrek. As verskoning, ek is ‘n rooikop. Deesdae uit die bottel, maar ek het die sproete om te bewys ek was nog altyd ‘n rooikop. Dankie vir jou kleurryke blog en blydskap. Ek geniet dit.

    Like

  8. Jy klink na ‘n vrolike kleurvolle mens en dit wys in jou kleredrag,Toortsie!

    Liked by 1 person

  9. Ek dink selfs in kleur🤓

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s