Toortsie se Voelgoedstorie 2 – Blomme van geluk

Phil Bosmans sê dat jy blomme van geluk self moet plant. ‘n Vriendin sê ons moet ons lewens self inkleur.

Blomme self plant, waarvan jy, en ander, die vreugde kan smaak om van te pluk. Nie te wag tot iemand anders vir jou die blomme aandra nie, maar self iets doen om geluk te bewerkstellig.

Hoe? Op énige manier waarvan jy hou, enige manier wat vir jou lekker en gemaklik is, dit hoef ook nie geld te kos nie. Enige manier wat jy kan bekostig, sou dit geld kos.

Loop kaalvoet langs die see. Gaan kyk ‘n musiekblyspel. Spandeer ‘n dag in die veld. Bestel vir jou die heerlikste kaaskoek denkbaar. Lees jou gunsteling boek. Spandeer tyd saam met jou vriende. Bederf jouself met ‘n warmklipmassering. Reis. Rol op die gras saam met ‘n kind. Wees laf en lag hard en lekker saam met jou gunsteling vriendin. Bederf iemand. Raak kreatief en doen daardie kunsklasse of naaldwerkkursus wat jy nog altyd wou doen. Skryf. Begin ‘n blog en gee daar uiting aan die kreatiwiteit binne jou. Raak stil by die Here. Besoek ‘n bejaarde. Pak ‘n legkaart saam met ‘n kind. Kleur in, dis juis nou so ‘n inding. Doen ‘n huweliksverrykingskursus saam met jou man. Bad by kerslig. Studeer. Gaan kamp in ‘n tentjie in die veld. Gaan kyk die gorillas of gaan op ‘n staptog in die Kruger Wildtuin. Ry in ‘n lugballon. Doen Belly Dancing.

Wat stel jý voor?

Waag dit! Doen daardie ding wat jy nog altyd stilweg voor lus was. Begin net, selfs al voel jy onseker. Sekerheid en selfvertroue sal mettertyd kom. Gee daardie eerste tree. Hoe sal jy ooit weet of jy sukses sou behaal het as jy nie probeer nie?

Plant daardie blomme en geniet dit! Jy sal nie spyt wees nie.

Groete

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Net ‘n bietjie oogkontak

Toortsie’s LCHF Journey 

16 thoughts on “Toortsie se Voelgoedstorie 2 – Blomme van geluk

  1. Afgesien van belly dancing…..wil nou nie huise laat kraak nie….dink ek hierdie is die beste gedagte wat jy nog ooit geplaas het. Soveel mense rondom ons in my hawedorpie sien nie eens meer die plat stukkie sandsteen in die agterplaas nie. Al is dit nou een van die sewe nuwe wêreldsgoed om oor te wonder. Ek en my darlingmost wificle het dit nie maklik nie, maar sien die mooi raak. In soveel goedjies rondom ons. Blommegoed. Klein dierlikheidjies. Akkeldissies. Staan stil om te kyk hoe ‘n vetpens vistreiler te water gelaat word met die synchrolift. Synchrolift? Noem dit en mense staar jou aan asof jy ‘n vreemde godsdiens verkondig. Die champagne air as die mistigheid van die see se koers af inkom. Ons tel bleshoenderkuikens op ‘n paar plekke ini stadin. Kapenaars dink dis ducks. Geheimpie: die paar geelbekeendjies. En ons koekemekranka. Ja, om te lééf verg soms net ‘n ander soort kyk.

    Like

    1. Dankie. Jy het een keer ‘n stuk geskryf hoe jy ‘n dag in die Kaap geniet met min geld. Hierdie een was lank terug in Finesse se blog. Make it Ultra het vanoggend net so ‘n fantastiese stuk oor gelukkige mense. Ek sal nou die skakel hier kom sit.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord