Unashamed

Unashamed. Sonder skande.

Sjoe! Wat ‘n boek!

Unashamed, deur Christine Caine.

Christine het ook nêrens ingepas nie. Soos baie van ons. As Griekse dogter in Australië is sy kleintyd geteiken deur die nie-Grieke in die skool. By die huis was sy weer nie Grieks genoeg nie omdat sy in boeke en sport belanggestel het, eerder as huishou en kosmaak. Het sy hard gewerk in die skool om haarself te bewys, het die juffrou weer gevoel sy is te kompeterend. Sy is as kind herhaaldelik misbruik. Nêrens het sy goed genoeg gevoel nie. 

Hierdie boek is eintlik vir vroue geskryf, maar ek wil dit graag aanbeveel vir almal. Dis ‘n boek van heling, dit help jou om die reuse in jou eie lewe te beveg. Want altyd kom daar nuwe reuse, of die oues steek hul kop uit in ‘n nuwe gedaante. 

Word bevry van die reuse wat jou lewe hel maak, leer om hulle te hanteer! Sy skryf: “Let’s be the giant-slayers God made us to be. Because every time you slay one more giant, you claim more territory, you gain more ground –  and you gain more and more freedom from the power of shame.”

Hoe lyk dit? Sien jy kans om die reuse wat jy al so lank wegsteek en vertroetel, te begin beveg, en vry te raak?

Toortsie


10 thoughts on “Unashamed

  1. Ek gaan dit sommer dadelik aan ‘n Griekse vriendin voorstel. Terloops, die reus in my kry reeds die afgelope dekade dinge reg wat senior politici nie kan of wil nie. Dis maar net hulle hoogmoed en gebrek aanleierskap. ‘n Mens kan ‘n volk red terwyl jy vreesagtig koring uitwan in ‘n parskuip. En reuse laat vlug deur te slaan op leë bottels en blikke terwyl jy so ‘n bietjie skreeu. Gideon was nie die enigste bangbroek wat dinge laat gebeur het nie.

    On 6 Oct 2016 07:42, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Unashamed. Sonder skande. Sjoe! Wat ‘n boek! Unashamed, > deur Christine Caine. Christine het ook nêrens ingepas nie. Soos baie van > ons. As Griekse dogter in Australië is sy kleintyd geteiken deur die > nie-Grieke in die skool. By die huis was sy weer ni” >

    Like

        1. In die nuwe lied van Casting Crowns gebruik hy hierdie woorde (lied geskryf nadat hy met kanker diagnoseer is):
          O my soul you are not alone
          There’s a place where fear
          has to face the God you know

          Daar het skielik ‘n soortgelyke reus ontstaan in my vrou se lewe, wat ons nie verwag het nie. Die lied bied ondersteuning maar ook al die vriende om ons

          Liked by 2 people

  2. My lewe bestaan uit reuse beveg Toorts…. en as ek eerlik moet wees is ek baie moeg… en God weet dit. Jare gelede in ‘n droom vir my gewys hoe moeg ek werklik gaan wees. Nou rus ek in Hom.

    Liked by 1 person

  3. Klink beslis die moeite werd. Gaan beslis gou by Amazon shop om hom te kry. Ek lees op die omblik n boek wat n bietjie deurmekaar vir my Engelse verstandjie is maar dis werklik aandoenlik en menslik. Gaan oor twee manne wat uit Irak oorlog kom en hul reaksie op die lewe daarna. Asook n kind wat as “vreemdeling” in Meksiko moet oorleef! We are called to rise deur Laura McBride

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!