Toortsie se Toeka Tokkel oor Hande

In opdrag van Scrapydo. 

Eendag, lank lank gelede het ek iets gelees oor wat jou hande in jou leeftyd gedoen het, ek kan nie onthou waar nie en die hele tyd het ek dit in gedagte gehad, tot ek nou Kameel se bloginskrywing gelees het met dieselfde trant, dit kon dalk dít gewees het. Dít was wat ek wou skryf, wat het ons hande in ons leeftyd gedoen?

As ons sou terugdink, wat het ons hande gedoen? Het dit ander mense geseën of vervloek? Het dit mense nader getrek in omarming, of het dit ander weggestoot? Het dit iemand opgehelp, of afgedruk? Was dit oop en vrygewig, of was dit een wat net wou ontvang, toegeklou om goed vir hulself te behou? 

Deur watter tipe boeke het my hande geblaai? Waarmee het my hande hulleself besig gehou? Het hulle na die mooi dinge in die lewe gesoek of was hul meer geneig om lelike dinge te wil doen? Was hulle hardwerkend of eerder lui om iets te doen? 

Wat het jy vandag met jou hande gedoen?

Toortsie

13 thoughts on “Toortsie se Toeka Tokkel oor Hande

  1. Ai, baie vrae wat beantwoord kan word. Die hande wat so kan seer maak en dan tog netso sag en liefkosend kan wees. Dankie vir jou bydrae. Ek is bly jy is terug in jou eie nessie. Oos wes tuis bes. Dit klink of die uitstappie/uit-vliegie nogal baie opgelewer het!

    Like

Gesels saam, asseblief!