Scrapy se toeka-tokkel: Hande
Ek plaas ‘n vorige inskrywing met ‘n paar veranderinge.
Gister sit ek by ‘n Ortopediese Chirurg, wat in hande spesialiseer. Die laaste paar maande voel dit kompleet asof my hande my skok, en hulle voel so half swaar… al asof hulle nou moeg gewerk is en wil gaan rus.
Vir die eerste keer in my lewe bedink ek my hande, en dit wat ek deur die jare daarmee gedoen het. Het ek die waarheid van “Life is fragile, handle with prayer” besef, sou ek nie vandag op soveel gemorste jare van my lewe teruggekyk het nie. Soos Petrus het ek ook toe ek jonger was my eie klere vasgemaak en gegaan waar ek wil, en daarmee saam my hande gebruik soos ek wil. Dit wat ek aangeraak het, het in as verander. Daar was die aansteek van ‘n sigaret, die oplig van ‘n glas, die huiwerige handtekening op papier, die oopmaak van ‘n verbode deur, die pak van ‘n tas.
En toe daardie wonderlike dag toe ek my hand in Jesus s’n gesit het. Ek het bewus geword van die seëninge van die lewe, en het dit onder my vingerpunte voel pols; My man se warm rug, die skop van voetjies teen my maag, die streel oor donsige babahare, die afvee van trane, ‘n koorsige voorkop onder my handpalms, die voel vir ‘n tand, die sny van hare, die vashou van handjies, silhoeët-figure teen ‘n kamermuur, die streel om te troos oor ‘n gebroke hart, ‘n blom aan ‘n trouruiker vasbind, ‘n aanraking vir ‘n medemens, die insmeer van “Deep Heat” aan ‘n gekromde oumensrug, die saamklap van hande in jubelende aanbidding aan ‘n Almagtige God.
Elke dag het sy arbeid gevra, maar ook die lekker dinge van die lewe mildelik uitgedeel; Die vashou van ‘n potlood, tekeninge op papier, vingers oor ‘n sleutelbord, bladsye omblaai van ‘n goeie boek, die vashou van ‘n kamera, uitknip van materiaal, grond omwoel vir die plant van saailinge; en vele, vele meer.
Met gedagtes malend om hande gaan slaap ek, en vanoggend op Fb vra iemand “You and I are hand cuffed together. Using only three words, what would you say to me? “Free me IMMEDIATELY!” antwoord ek sonder dink. Die blote gedagte aan geboeide hande trek my bors toe van benoudheid. Dit is met groot dankbaarheid dat ek vandag dankie sê vir die gebruik van my hande deur al die jare heen.
So pragtig geskryf,Kameel!
LikeLike
Dankie Perdebytjie. Jy nou weer met ons?
LikeLiked by 1 person
Ja,verlede week teruggekom!
LikeLiked by 1 person
Aangrypend – en nee, liewe Kameel, daardie jare is nie werklik gemors nie, want hulle het gelei tot waar jy nou is…
LikeLike
Dankie Frannie. Ek besef dat dit my die mens gemaak het wat ek vandag is…. maar ek sou nie al daardie seer en trane wat ek in ander se lewe gesaai het, in my lewensverhaal wou inskryf nie. Ons kannie ons storie oorskryf nie, maar as ek kon sou hy baie anders gelyk het. ‘n Mooi dag vir jou!!!
LikeLiked by 1 person
Pragtig geskryf. ‘n Moeder se hande raak soveel aan – ek het lank terug ‘n blog oor my ma se hande geskryf; ek dink ek moet dit reblog en vir Scrapy vra om te koppel vir haar Toeka-Tokkel.
LikeLiked by 1 person
Doen so!!! Eienaardig hoe ‘n mens alles so vanselfsprekend aanneem…. en wanneer ‘n mens dit bedink eers besef hoe dankbaar ‘n mens behoort te wees. Hoor die wind waai ook erg daar by julle?
LikeLiked by 1 person
Sjoe, ek wil nou nie kla nie, maar dis regtig koud, winderig, nat en reën aanmekaar. Die see lyk soos ‘n boosaardige wese; die branders maak eintlik so ‘n wasem waar hulle breek.
LikeLiked by 1 person
Nou is ek maar bly ons is terug. Ek het voorwaar ‘n keer of wat skoon onrustig gevoel wanneer die wind daar alles so ruk en pluk.
LikeLiked by 1 person
Mooi geskryf! Ja mens kan nie sonder hande klaarkom nie!
LikeLike
‘n Grote gawe uit God se hand. Dink baie aan jou!!!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, waardeer dit ❤
LikeLiked by 1 person
Aangrypend Dankie!
LikeLike
Dankie vir lees 🙂
LikeLiked by 2 people
Die rumatiek, raak effe erg deesdae, maar het nog steeds baie, baie om voor dankbaar te wees, wat die hande betref, Mooi geskryf.
LikeLike
Dankie. Soos jy sê nog baie om voor dankbaar te wees. Sterkte met die rumatiek!!!
LikeLike
Baie dankie Kameel dis baie waar en mooi geskryf. Noudat ons deur sekere dele van die lewe gewerk het bly hande maar belangrik.
LikeLiked by 1 person
Ons hande is baie belangruk!!! Al sien my naels amper nooit cutex nie 😦 Nee wat was my eie skottelgoed en dan om nog oor cutex bekommerd te wees sien ek nie voor kans nie. Ĺekker slaap 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek het gesien toe my naels so opgetof was die paar weke en ek handskoene gedra het om skottelgoed te was dit nie in my lyn van doen is nie. Ek wil die water en die grond voel waarmee ek werk.(Is nog bietjie vroeg vir slaap, nog maar 5:30nm) Moet nou aandete gaan maak. Geniet jou dag te volle. Hope liefde.
LikeLiked by 1 person
Dit is presies soos ek voel… handskoene werk nie vir my nie. Dan sê ek maar lekker eet. Gaan nou my Post Toasties eet en regmaak. ‘n Ou vriendin kom vandag kuier!! Be blessed.
LikeLike