Goed wat teen jou beginsels is …

… moet jy los!

Ek weier om wasgoed te was as ek so toer. Ons pak genoeg klere in dat dit nie nodig sal wees nie.

Vandag was ons beplanning om tyd te verwyl by die Cleland Nationale Park, maar toe ons by die hek kom, is dit toe. Hul verwag ‘n storm. So asof ons nie weet van die aankomende storm nie, ons het dit op die TV gesien en hou al die hele tyd die wolke dop, maar het net nie so ver gedink nie! 

Net daar val die eerste druppels en die weer is sommer swaar. Ons boek toe sommer by die eerste die beste hotel in, gaan koop kos en ontspan die res van die dag. 

En dis net daar wat die paw-paw die fan strike. Ek sien die hotel het ‘n heerlike kombuis en ook ‘n waskamer met ‘n lekker groot wasmasjien en tuimeldroër. Ewe vriendelik bied ek aan om ‘n klompie goed gou in die masjien te gooi. 

Wel, die swaar weer het die hele Suid Australië se krag uitgeslaan en ek staan met ‘n wasmasjien vol wasgoed. 

Daar is ‘n rede hoekom ek nie wasgoed was op toer nie! 

Skielik is die liggies af, sus, en nou sit ek en manlief in die piknagdonker, elkeen met ‘n glasie brandewyn en Coke. Cheers!

Toortsie

22 thoughts on “Goed wat teen jou beginsels is …

  1. Dit is omdat jy soveel klere saamvat dat ek nie meer in jou tas pas nie 😦 Jy gaan nie diè toer vergeet nie want dit is dinge soos dit wat dit onherroeplik in jou geheue vaspen…. Cheers!!! Ek het die Tower Bell gaan kyk, maar hulle doen konstuksiewerk daar. Die Black Swan vat my Amerika toe 😦

    Like

Gesels saam, asseblief!