Unfinished 

Daily post

Unfinished. Onklaar. Onafgehandel. 

Min dinge in my lewe maak my so moeg soos stapels onafgehandelde werk. En ek belowe, in my kantoor, my huis, orals staan daar baie sulkes. Want ek hou van nuwe dinge aanpak!

Baiekeer is net die gedagte aan goed wat moet klaarkom, uitputtend. Het julle ook goed wat 3 jaar en 5 minute neem on gedoen te kom? Dis ‘n 3 jaar gesukkel om aan die gang te kom en dan neem dit net 5 minute om te doen?

Netso is daar min dinge so lekker soos om iets klaar te maak, te voltooi, af te handel. 

Wanneer ek soms angstig raak oor soveel onafgehandelde werk, wanneer ek nie weet waar ek moet vat en waar ek moet los nie, konsentreer ek daarop om een iets te doen en klaar te doen, selfs al is dit ‘n kleinigheid. Ek sal dan hardop sê: “Die xxx is Afgehandel.” Dan doen ek die volgende item, en sê weer dis afgehandel, totdat ek in die ritme kom van goed afhandel. En hoe lekker is ‘n klompie afgehandelde goed nie! 

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Unfinished 

  1. Baie keer lê dit soos ‘n berg voor jou,maar as jy dit aanpak en afhandel,kan jy nie glo dat dit jou so kon pynig nie!

    Liked by 1 person

  2. Dis die begin wat vir my die moeilikste is. As jy net eers aan die gang is, is dit makliker om iets af te handel.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s