Don’t worry

Don’t worry, be happy!

So het elke land en streek maar seker sy manier van praat. Jare gelede toe ek die heel eerste keer met Engelssprekendes te doen gekry het, was dit vir my nuut dat as ek dankie sê, hul vir my antwoord, ‘You’re welcome’. Ek wil al sê, Pleasure, wat seker nie reg is nie. Nou is dit vir my vreemd dat almal antwoord, ‘Don’t Worry’. Hier is mos nie ‘n probleem nie?

Vandag het ons wraggies ver gery, met ‘n ompad. So ons het vanoggend ‘n paar besienswaardighede gekyk en die res sommer net die land bekyk. 

Mount Gambier is op ‘n vulkaan gebou wat eeue terug uitgebars het. Ons het na die blou meer, oftewel, die Blue Lake gaan kyk. Nou is sy water grys, maar jaarliks tussen November en Maart is dit potblou. 


Die Lady Nelson Visitor & Discovery Centre is beslis ‘n besoek werd. Een of ander baie kreatiewe persoon neem jou terug in tyd en jy beleef regtig besondershede. Mens loop selfs deur ‘n ‘grot’. 

Die Umpherston sinkgat is net so indrukwekkend. Nou is dit met die lieflikste tuin gevul. 

Verder het ons eers denneplantasies beleef, toe die mooiste wingerde en pragtige graan.

Daar is ‘n pyplyn waarlangs ons vir baie ver gery het. Dis blykbaar water uit die Murrayrivier vir die dorpe. Kyk Tailem Brent to Keith pyplyn. 146 km lank. Dit het vir my langer gevoel, maar hoe kan ek dan nou stry?

Oor die Murrayriver met ‘n pont. Dis by hierdie pont wat ek die eerste keer ‘Goodday Mate’ gehoor het. 

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Don’t worry

  1. Op ‘n winderige dag soos vandag sou ek heerlik kon ontspan in die sinkgat-tuin. Mooi fotos.

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Daardie tuin laat my aan die hangende tuin van Babilon dink. Sal ook daar wil gaan sit… maar iemand sal my definitief moet terug abba. Enjoy your day mate!!!

    Like

  3. Ek het nou die spoor byster geraak…is julle in Australië?Lyk na ‘n heerlike avontuur.Die gesinkte tuin is pragtig!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s