Elektrisiteitsvoorsiening en ander dinge

Elke dag sien ons iets anders. Hier is heelwat windlaaiers. Nie heelwat nie, sommer baie! Interessant is dat hul hier ook maar elektrisiteitsbekommernisse het. Dit laat my dink aan die elektriese ingenieur wat ons op die trein van Milaan na Venisië ontmoet het ‘n hele paar jaar terug. Hy was by ‘n internasionale elektrisiteitsvoorsienings konferensie. Elektrisiteitsvoorsiening is wêreldwyd besig om ‘n probleem te word. Die vraag raak te groot en windlaaiers en sonkrag is baie duur om te voorsien. 

In Australië was die wortels verlede jaar skielik geskud toe hul onderhoudswerk aan kragstasies gedoen het en dit toe windstil ook geraak het. Daar was ‘n derde probleem ook wat ek nou nie kan onthou wat nie. Skielik het die gemiddelde A$60 opgeskied na A$9000 per megawhatt-uur! Dog dit gaan net rof by ons!

Ons het eers gedink hierdie is groot houers, maar by nadere ondersoek is dit een of ander stawe. Weet nie wat nie. 

Ons volg bordjies na ‘blowholes’ en kom af op ‘n versteende woud. In Namibië is daar ook ‘n versteende woud, waar bome lê wat gespoel het van iewers uit Midde-Afrika. Hierdie is ‘n letterlike woud waar bome gegroei het. Die versteende stamme staan nog daar. Of stamme die regte woord is, weet ek nie. Die spuitgate het nie gespuit nie, dalk was ons te haastig? Dit was vrek koud en die wind het gewaai. 

As daar iets is waaroor ons Overbergers baie nostalgies raak, is dit aandblomme. Dis ‘n tipe lelie wat in ons klowe blom en saans het dit ‘n baie kenmerkende reuk. Kyk wat loop ons in Aussieland raak! Regte aandblomme!

By Portland se hawe lê hope sand en hout wat uitgevoer word. Om te dink daar is lande wat sowaar sand benodig!

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to Elektrisiteitsvoorsiening en ander dinge

  1. esrohblog sê:

    Môresê! Hoe gaan dit daar in die Land van Oz? ‘n Foto sê soveel meer as net woorde wat beskryf, daarom sê ek dankie vir al jou moeite. Daardie stawe wat so gepak is, alhoewel ek nie die lengte en so-aan kon skat op die foto nie, mag dalk dwarslêers wees vir vir die lê van treinspore.

    Like

    • Toortsie sê:

      My man sê hy het ook daardie idee gehad maar hulle is te kort. Ek is so spyt ek het nie die inplement waarnee hul dit optel, afgeneem nie. Dankie vie die dankie. Dis maar net mik-en-drukke met my selfoon. Vroeër jare het ek ‘n kamera ook saamgeslerp maar dis te veel moeite. Soveel makliker om die foto’s net op facebook te laai. Dis koud en nat hier!

      Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Hoe meer ek oor jou voorstel dink, hoe meer dink ek dat jy reg is, dat dit dalk dwarslêers is. Dis mos die naam, né of het ek nou die kat aan die stert beet?

      Like

  2. Kameel sê:

    Ons toer nog heel lekker….. net jammer dit is so koud en nat. Ek het intussen in hospitaal beland maar is besig om toer in te haal.

    Like

  3. Lekker gelees en jou foto’s is pragtig

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s