Quest – Soektog

The daily post: Quest. Sorry, I prefer words. 

(Al ‘n hele ruk terug geskryf)

Soeke na Nuwe Nuut.

Nuwe Nuut is die term wat gebruik word as jy groot verlies gely het, waar die oue verby is en jy ‘n nuwe nuut moet skep. Dis baie mooi woorde, maar geensins maklik nie.

Sonder om op die besonderhede in te gaan, ek moes ‘n nuwe nuut skep. Ek het ‘n geweldige verlies gehad. In my lewe moes ek al by baie dinge aanpas, baiekeer ‘n ‘nuwe nuut’ skep, baiekeer onverstaanbare dinge verwerk. Party keer was dit makliker, ander keer baie moeilik. Hierdie keer was dit erg. Baie erg. 

Soos wat die slim mense sê, is ek deur al die emosies: hartseer, pyn, magteloosheid, woede, lus vir baklei, huil, vloek, nuwe foute maak, terwyl die dinge oor en oor en oor in my kop maal, van vanoggend wat ek wakker word tot vanaand as ek gaan slaap, en in die nag droom ek ook nog daaroor.

Ek het baie hieroor geskryf, party van die bloginskrywings is gepubliseer, ander is uitgevee. Vriende het my deurgedra, God het my deurgesleep, en om elke hoek en draai het ‘n veer gelê waarmee God vir my gesê het, “Ek beskerm jou.”

Ek moes bid dat God my gedagtes in toom hou, herhaaldelik bid dat ek nie 24 uur van die dag daaraan dink nie, dat ek nie tob en tob en tob nie, dat ek probeer om net vir een dag op iets positiefs sal konsentreer. Dit het my gehelp toe ons sommer net vir ‘n paar dae ‘n draai gaan ry het, om net ‘n bietjie uit die omstandighede te kom. 

Ek het mense om my nodig gehad, my mense, mense wat my liefhet, mense wat vir my wys dat dit vir hulle lekker is om in my geselskap te wees. Ek was totaal verward omdat dit wat ek nog altyd geglo het, soos ek opgevoed is, soos ek steeds elke dag in my Bybel lees hoe ek moet doen, skielik nie ‘reg’ was nie.

In my soeke na nuwe nuut moes ek myself weer vind, moes ek weer my menswaardigheid vind, moes ek weer leer dat dit soos wat ek dit geleer het, wie ek is, reg is vir my, dat dit is hoe God my gemaak het en ek net voluit ék moet wees. 

Een dag, toe ek Stellenbosch toe ry en vir die kleurlinge wat agterop ‘n bakkie sit, vrolik waai, weer oogkontak maak met vreemde kinders, het die tred in my stap ligter begin word. Toe ek weer heeldag loop en sing, sommer by my klavier gaan sit en speel, vir myself in die spieël glimlag, toe ek weer in die dorp begin loop met ‘n glimlag op my gesig, het daar lig in die tonnel gekom. Toe ek vir hulle wat my seergemaak het, kon begin bid, kon seën in my gebede, kon begin verstaan van die pyn wat hulle dalk al vir jare met hul saamdra, kon daar vir my genesing begin kom. 

Ek is dalk nog nie heeltemal ‘daar’ nie, die emosies ry nog soms wipplank, maar ek weet ek is op pad na ‘n nuwe nuut, en dít maak my opgewonde! God het Groot Planne!

Daar’s altyd hoop, ook vir JOU wat dalk trauma beleef.  Altyd. Aan God al die eer.

Toortsie

Hoekom skryf ek hierdie uiters privaatgoed daar waar die hele wêreld dit kan lees? Omdat ons almal deur moeilike tye gaan. Omdat, as iemand anders wat trauma beleef, hier lees, dit dalk vir daardie persoon moed gee om te besef dat sy/hy nie al een is wat swaar kry nie. Omdat ek die hoop wat daar in Jesus is, wil verkondig.  Omdat ek wil sê dat ek nie verhewe is bo swaarkry nie. Liewe vriend, liewe vriendin, God wil jou graag help. Regtig. Hy wil jou hand vat en jou deur jou swaarkry help. Hy wil jou help om sterker anderkant uit te kom  

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Motivering en Bemoediging and tagged , , , . Bookmark the permalink.

20 Responses to Quest – Soektog

  1. Jy laat my sleg voel omdat ek soms so ondankbaar is vir al die genade wat ek ontvang

    Liked by 1 person

  2. Dis goed as jy vriende het wat jou bystaan in sulke tye. Ek is geneig om in myself gekeer te raak wanneer ptrobleme voor my kom staan.

    Liked by 2 people

  3. Pixie sê:

    Ek hou daarvan dat jy so persoonlik deel. Nie net, glo ek, is dit selfhelend nie, maar as jy net een mens daar buite daardeur kan aanraak, is dit die moeite werd. Seerkry en twyfel en vrae vra is realiteit. En daar is altyd hoop x

    Liked by 1 person

  4. mnrnel sê:

    Jis maar ek bewonder jou guts om dit hier te skryf. Jy is reg. Net die blote feit dat ek hierdie kon lees, tel my ken bietjie meer op. Dis nog n bevestiging dat ons nooit alleen is nie. Baie dankie.

    Like

  5. Terug pieng: Quest: Shopping Trolley | What's (in) the picture?

  6. Kameel sê:

    Die ui is deurgesny en daarmee saam is groot werk gedoen wat julle miskien nie nou sal verstaan nie. Deur genade alleen!!!

    Liked by 1 person

  7. esrohblog sê:

    EsroH

    Hi Toortsie! Baie baie dankie vir jou blog-inskrywing. Dit is so ontsettend waar dat die lewe soms sulke wrede dinge na ons kant toe gooi, maar Vader God los ons nie. Ek het al deur ‘n paar baie onaangename dinge gegaan, baie verliese gely en ek het nie antwoorde op die waaroms nie, hoeveel te meer nie antwoorde vir ander se stukkend en seer nie. Tog weet ek dat Christus Jesus meer as bereid is om die pad met ons te stap indien ons bereid is om onsself aan Hom oor te gee. My gebed is dat jy sal seën ontvang, genesing en daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan.

    Liked by 1 person

  8. Sune Mans sê:

    So baie dankie vir jou opregtheid en eerlikheid Tootsie. Onwetend, bevestig jy so baie vir my. Ek is bemoedig en baie brawer om net ek te wees.
    Groetnis
    Sune

    Liked by 1 person

  9. travel460 sê:

    Toortsie, jy het my gehelp om te begin blog, en ek skuld jou ñ groot dankie daarvoor. Ek sukkel nog bietjie met die uitleg, maar belangrikste is dat ek kon begin skryf. Jou aanwysings het die ding gedoen, en selfs al is ek rerig dom met die internet wêreld, is ek goed aan die gang. Weereens dankie jong.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s