Soek die koala

Hul belowe ons dat ons koalas in hierdie bos sal sien. My oë is gespits, ek gee my volle aandag, maar weet uit ondervinding dat jy hul amper miskyk, selfs in ‘n park, te voet, terwyl jy weet hy sit in ‘n spesifieke boom. ‘n Padbord wys hier’s koalas en kangeroes en dinosourusse. Dinosourusse! Los die koalas, soek eerder die dino’s!

Die volgende oomblik staan daar ‘n klomp karre in die pad. Iemand het koalas gesien! Wraggies! In ‘n boom! Om hul met die selfoonlens raak te sien raak toe uitdaging nr 2!

Nou moet ekdiep dink van inligting lank terug. Koalas eet net van ‘n spesifieke bloekomboom se blare, nie alle variëteite nie. Hul beweeg so min as moontlik omdat die voedingswaarde van die blare nie so hoog is nie. Is ek reg?

Daar is sommer heelwat koalas, ons het nog gesien met die terugkomslag ook.

Cape Otway Lightstation. Indrukwekkend. Vir mense wat in radar en seine en morsekodes belangstel, is dit beslis die plek om te wees. Ons klim die lighuis tot bo, maar ‘n bui reën en woeste wind keer ons. Tóé stap ons deur ‘n sprokieswoud. Ag, gewone mense sal dit nie besef nie maar daar kruip feëtjies en kabouters weg. Hul kom ongelukkig net in die donker uit, so ons kon hul nie sien nie. 

Die Twaalf Apostels is ‘n natuurwonder. Groot rotsformasies wat staan in die see. Die pamflet beskryf dit as limestone stacks. Hier waai ‘n ysige wind van die suidpool af! Die Suidsee is die oseaan waarop ons afkyk. Onthou, né!

Ons ry seelangs en sien pragtige kuslyn. Baie melkboere hier rond, met hoofsaaklik Friese, hier en daar ‘n Jersey tussenin. 

Laatmiddag het ons ‘n lekker fris stappie gedoen. 


Nee, ek kon nie op die orrel speel nie. Vingers het maar gejeuk …

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Soek die koala

  1. Lyk of julle elke oomblik geniet!

    Liked by 1 person

  2. Hanlie Kuhn sê:

    Dankie Toortsie dat jy al hierdie mooi fotos met ons deel

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Alles is mooi maar ek hou van daardie pad tussen die bome 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s