Wol!

Sjoe! Was die wolmuseum in Geelong nou ‘n plesier om te besoek vir hierdie Suid-Afrikaanse wolboer en sy vrou! O en hulle was baie bewus daarvan dat dit SA wolboere is wat die plek besoek. 😉 Daar is so ‘n alomteenwoordige, amper oorywerige gids wat tog te graag wil help. Dit was soos ‘n stap terug in my kinderdae wat ons heeldag in die skeerhokke was in skeertyd, ons wegkruipertjie gespeel het tussen die wol, help wol trap het in die wolpers en saans vuil en vetterig by die huis gekom het. Ek moet bieg dat ek deesdae nooit meer in die skeerhokke kom nie. 

Die museum is uitgebrei en het ook ‘n dinousourusafdeling en ‘n afdeling wat die vloot van die eerste wêreldoorlog uitbeeld. 

Amper vergeet ek die belangrikste. Daar is ‘n massiewe weefstoel in die middel van die gebou. Daar is nog net 2 van hulle oor in die wêreld. Hulle weef matte met hom. Baie interessant. 

Ná ‘n bietjie saamdink met my vriendin wat so lekker saamtoer daar in Grootfontein, het ons tot die gevolgtrekking gekom dat Melbourne wel by die see is, dis nie ‘n groot binnelandse meer nie, maar ‘n groot baai. Port Philip Bay. Julle moet onthou, né, hier kom ‘n groot toetsskrywery as ek by die huis kom!

Daar is ‘n deel van die kusroete wat onbegaanbaar is as gevolg van grondstortings, so ons moes deur die woud ry. O daar is die mooiste boomvarings. Op sommige plekke raak dit sommer donker. 

Ons word nie geraak deur die vloed wat tans in NSW gebeur nie. Ons is veilig. 

Groete

Toortsie


9 thoughts on “Wol!

    1. Daardie rok was glo erg talk of the town. Een of ander belangrike dame het dit na ‘n ewe belangrike funksie gedra. Die rok is slegs 2x gedra dis te warm. Dis nou die rok wat ‘n regte rok is. Die ander een weet ek nie van nie.
      Ja ons kuier lekker. Ek dink ons sal vir baie ‘n frustrasie wees, ons doen net so hier en daar iets. Sukkel nog soms om wakker te bly danksy die tydverskil en is soggens vroeg wakker net om ‘n rukkie layer knikkoppie te wees. Maar dis lekker. Niks jaag ons nie en as ons nie lus het om iets te doen nie los ons dit.

      Liked by 2 people

  1. Jy laat my terugverlang na my kinderdae op die plaas. Ons het baie lekker ure gaan wol trap. Ook het ons buurvrou ‘n groot wolwewery gehad met ‘n weefbank. Haar man was desjare voorsitter van die Wolraad.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!