Gesindheid

1 Samuel 10:9: “Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander.”

Ja, God kan gesindhede verander. Saul het wel later negatief uitgedraai, maar wat my opgeval het toe ek hierdie verhaal lees, was dat ook hy bang was, onseker, toe God hom roep. Hy het gekom uit die stam, Benjamin, volgens hom, die swakste stam in Israel. Sy familie was die kleinste in die Benjaminstam. Toe sy koningskap aangekondig is, was hy só bang en skaam, hy het weggekruip! 

Maar God het sy gesindheid verander en hy het saam met die profete geprofeteer! God kan my gesindheid verander sodat ek, wat skaam is om van Hom te getuig, nie kan stilbly oor sy goeie dade nie. 

God kan gesindhede verander. Hy kan my en jou gesindheid goedgunstiglik verander. Hy kan my gesindheid só verander dat ek hul wat my kwaad wil aandoen, kan seën in plaas van vervloek, dat ek hul pyn kan raaksien en verstaan hoekom hul juis optree soos hul doen. 

Hy kan my gesindheid verander sodat ek ‘n leerbare gees ontwikkel, positief voel oor mense wat anders as ek dink, kanse waag. Hy kan ons gesindheid teenoor ons huweliksmaats verander, van geïrriteerdheid tot geduld en liefde en verdraagsaamheid. 

Hy kan ‘n gesindheid van skeptisime teenoor Hom en Sy dinge, verander in ‘n gesindheid van ontvanklikheid en geloof. 

God kan ook jou gesindheid verander, vra Hom net! Vra Hom waar Hy voel jy dalk ‘n gesindheidsverandering moet ondergaan. Hy wil so graag help. Dieselfde ook vir my, Toortsie. Hy staan gereed om te help.

Groetnis

Toortsie

Hy kan dit doen! 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Toortsie se dagstukkies op Sondae. Bookmark the permalink.

8 Responses to Gesindheid

  1. AWETHENTIQ sê:

    Die ander kant is ook waar: ons elkeen het ‘n soewereine wil en kan kies hoe ons oor dinge voel, uitgesonderd getraumatiseerdes wat ly aan PTSS (PTSD). Ons kan kies of ons wil glo of nie, of ons wil suur wees of nie, ens. Saul het nie geprofeteer omdat hy goed en reg was nie maar bloot omdat die Gees van God sterk teenwoordig was.(Neem kennis, mede-Charismate!) Uiteindelik was Saul se hart verhard omdat hy nie reg wóú wees/doen nie. Net soos die Sanhedrin eeue later of soveel mense van vandag. Ek het al die rede in die wêreld om te sanik maar kies om ‘n lied in my hart te hê. Ek maak seker dat dit SY lied is, daarby. Haweloos, deur kerke vervolg, vir lank kreupel….dis nog net die plaaslike onaantasbare, rigiede premier, burgemeester en stadsraad wag regkry om my kwaad te kry met hulle onderdrukking van minderes (die DA dink hulle is die kat se snor). Daarom vermy ek die nuus hoewel ek alreeds stilweg baie in my gemeenskap verander gekry en amper my siel in die proses verloor het. Dit kos soms uiterste dissipline om nie negatief of baie die hel in te raak vir verwende, hoogmoedige mede-wittes nie. Die doring in my vlees. Sonder hulle sou blymoedigheid selfs makliker wees.

    Like

    • Toortsie sê:

      O ja. Ons het keuses. Baie beslis. En ons kies om God toe te laat om ons ten goede te verander of nie. Ons dra ook die gevolge van ons keuses.

      Liked by 1 person

      • AWETHENTIQ sê:

        Ander dra ook die gevolge van ons keuses….mens moet mooi dink in dié lewe 😊

        Liked by 1 person

        • Toortsie sê:

          Ander dra ook die gevolge as ons kies om nié deur God verander te word nie. Dis baie sleg.

          Liked by 1 person

            • esrohblog sê:

              Esroh
              Nou-ja, ek luister maar so na alles en besef weereens dat daar nie ‘n maklike antwoord is op hierdie dinge nie. Soms praat Vader God vir lank in ons harte, maar ons weier om werklik gehoor te gee omdat ons onse God-gegewe vrye wil uitoefen. In so ‘n geval van wederstrewigheid om aan Vader gegoorsaam te wees en die leuen liewer as die WAARHEID te he (weet nie hoe om leestekens op te sit nie; acii codes werk nie), sal Vader God ons oorgee aan die leuen en sterk misleiding. In Thessalonicense word dit baie uitdruklik gese. Met hierdie feit in gedagte, kom ons gaan kyk na die lewe van die Faroa in die tyd van Moses. God se vir Faroa om Sy kinders te laat gaan, maar hy verhard sy hart; sewe keer gebeur dit en elke keer kry die Egiptenare pak vanwee hul god se optrede. (Die Faroa’s was erken as “demi-gods”) Die laaste drie keer verhard GOD die Faroa se hart… Die boodskap is dus dat as ons konstant ongehoorsaam aan God bly en Hom nie erken en onsself aan Hom onderdanig stel nie, sal Hy ons harte verhard en op ‘n pad van misleiding en vernietiging stuur, want God laat nie van Hom nie ‘n bespotting maak nie.

              Siende dat ons nou hierdie feit verstaan, stel ek net die volgende vraag; hoeveel keer het ons eie ongehoorsaamheid leed aan ander gedoen, aan onsself gedoen en hoe lank gaan dit neem om onsself aan God onderdanig te stel voordat Hy ons aan die leuen oorgee? Ek kyk na my persoonlike lewe en besef hoeveel genade Vader God aan my bewys het, want gehoorsaamheid eis die neerle van ons eie sterk wil…

              Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s