Herrie en die Chinees

Ek is nie ‘n goeie museumtannie nie, maar het wel ingeloer by die Chinese museum by Bendigo. Dit was tog te interessant om al die mooi goed te sien, so heeltemal anders as ons kultuur. Ek is nie heeltemal seker hoekom hier so ‘n sterk Chinese kultuur is dat hul selfs ‘n Chinese museum het nie. Dit voel vir my of daar meer agter is as net die normale Chinese kolonialisasie wat wêreldwyd gebeur. My man het iets raakgelees van hongersnood wat daar glo in China was wat veroorsaak het dat hul migreer het na Australië. Ek kan dit ongelukkig nie bevestig nie. 

Ons kon, as ons wou, afgaan tot in die neënde vloer onder die grond, maar nee, Toortsie het verkies om maar bogronds te bly. Moenie dink ek het baie gemis nie, bo-op die grond is ook baie te sien. Ek dink nogals albei hierdie plekke wat ek genoem het, is ‘n besoek werd. Daar is baie moeite gedoen om dit interessant aan te bied. 

‘n Piekniek langs die pad is vir my tog altyd so romanties. 🙂 Op ‘n stadium het ek vandag gedink dat die bloekombome weer meer raak, maar dit was darem net vir ‘n stukkie. Van bloekombome gepraat, weet julle dat die boer van gister ‘n paar bome uitgehaal het om ‘n land bewerkbaar te maak en nou moet hy 30, ja dertig bome per boom uitgehaal plant om dit te vervang. Sjoe!

Vir hierdie plaasjapie is tremry ‘n groot avontuur, veral om, nadat jy die hele Melbourne se waterfront platgeloop het in alle rigtings, weer op die regte tremspoor te kom, nes ou Herrie van ouds! Met ‘n toeristekaart van die stad en die hulp van ‘n jongman of twee, het ons ontaard in regte tremryers! 

Nou bly die grootste uitdaging steeds die foto’s se oplaai. Kom ons kyk wat gebeur!

Groetnis

Toortsie

Hierdie hotel is nie suinig met hul internet nie, lyk my dit werk. En net vir ingeval julle dink ek sit en vergaar net stof solank my man kar bestuur, kyk hoe fluks was ek op die pad!

Advertisements

11 thoughts on “Herrie en die Chinees

  1. Ek sou ook nie nege verdiepings onder die grond gaan rondkyk het nie!!! Nou WAAAR moet daardie boer die bome plant as hy die grond nodig het??? My man sou heerlik saamgetoer het.. hy lief piekniek langs die pad…. stop altyd en kook sy keteltjie water vir koffie. Daardie trems is grand!!! Nie soos ek trems onthou nie.

    Like

    1. Hy plant dan lanings bome langs die lande. Teen lyndrade en orals. Ek weet nie hoe die mense gewerk kry met groot implemente nie. Orals staan bome in die middel van die lande. Nou verstaan ek. Om 30 in die plek van 1 te plant, ai jai jai!

      Liked by 1 person

  2. Hi Toortsie! Baie dankie vir jou “post” en dit is baie interessant omtrent die Chinese museum. Ja-nee, ‘n mens sal nooit presies weet wat die rede is vir die museum nie? Die Chinese is definitief besig met iets en ek wonder of dit nie is om die Ozzies en natuurlik ander nasies “mak” te maak vir hul “offensief” nie. Geniet die Trem!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s