Mense! Dis nat!

Dis behoorlik nat in hierdie Aussieland. Sjoe! Dit het laasnag heelnag gereën. Die mense sê dit het al ‘n bietjie baie gereën, dit raak ‘n probleem. Dis koud ook! So amper het ek met somersklere gekom, Australië is mos warm. Of hoe?

Daar was nog ‘n paar besienswaardighede waarin ons vanoggend belanggestel het, maar hulle sou eers 10 vm oopmaak en ons was al kwart voor 9 reg vir ry. So ons het vandag sommer net die omgewing geniet.

In die oggend het ons baie skape gesien. Hier is skape, hoor! Baie skape. Later graan. Mooi graan, en minder mooi graan. Graan wat plat lê omdat hul so geil is en nou baie reën gekry het, maar ongelukkig ook baie graan wat versuip het. Maar die wêreld is mooi. 

Gister se foto’s is uiteindelik opgelaai by die vorige bloginskrywing. Die internet is maar baie wisselvallig, so ek hoop hierdie werk.

O ja, vandag se nuwe gesig: Swerms en swerms pappegaaie. Pienkes (is dit galah’s?), swartes met wit borsies, en spierwittes. Te mooi. 

Julle onthou mos ek mik en druk net met my selfoon, né? Geen foto-kompetisie hierdie nie. Soms us dit net te nat om uit die kar te klim om ‘n foto te neem. 

Groete

Toortsie

5 thoughts on “Mense! Dis nat!

    1. O nee, die foto’s 8s dalk net donker. Vir hierdie graanboere was dit tog te lekker. Dis soos om ná die reën te ry en kyk waar dit oral gereën het. Tonekrullekker. Maar hierdie boere gaan groot verliese ly as gevolg van te veel reën. Die goed staan letterlik in die water.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord