Ons leer ook!

Hier is so ‘n ou taallessie. ‘Wagga’ is die Aboriginal woord vir ‘n kraai. So as jy van meer as een kraai wil praat, herhaal jy net die woord! Een kraai = wagga. Meer kraaie = wagga wagga. So Wagga Wagga beteken ‘The place of the many crows.’

Op die vliegtuig het ons ‘n oom ontmoet wat die eerste keer in 40 jaar vlieg, hy gaan kuier vir sy dogter in Australië. Sy oë sien alles raak, hy weet hoeveel almal geslaap het, wie baie rondgeloop het, wie iets vreemds aangevang het. Nou wonder ons, met watter soort vliegtuig het hy destyds Duitsland toe gevlieg? Sou dit al ‘n Boeing wees? Google help mooi! Omtrent in 1970 het die eerste Boeing gevlieg, en wat ek nog byleer, Boeing en Aitbus is kompetisie! Interessant.

Ag, en terwyl ons leer, wonder ons sommer oor die 7 kontinente, van groot tot klein. Hoe werk dit nou weer? Google bevestig wat ek destyds geleer het: “Australië is een van die kontinente, nié ‘n eiland soos soveel beweer nie, blykbaar omdat hy so groot is. Groenland word as die grootste eiland gereken. 

Julle moet mooi oplet en onthou, julle sal moet toets skryf as ons tuiskom.

Van tuiskom gepraat, ek het op facebook gevra of hulle my nie wil borg nie, dan raak ek ‘n professionele toeris, maar niemand het na vore getree nie. Ons loop ‘n oom en tannie raak, in 2003 besluit hulle hul huis is nie reg nie, sit dit in die mark, verkoop dit binne 2 dae. Sedertdien bly hulle in ‘n karevaan en toer voltyds deur Australië. Hul het nog nie alles gesien nie, sê hulle. 

En dan wil ek net weet of iemand sal loer of Ursula nog oraait is. Sy het by die huis gebly. Sies tog. 

Toortsie


Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

11 Responses to Ons leer ook!

  1. Kameel sê:

    Ek sien jy toer baie lekker en word al slimmer. Konnie jou mik en druk fotos oopmaak nie. Moenie jou oor Ursula bekommer nie, sy sal heel ok wees so alleen op die plaas…. bietjie asem skep jy weet.

    Like

  2. Klink of julle dit geniet. Ek kan ook nie die foto’s sien nie

    Like

  3. Die hoekom ek nou eers gelees het sodar ek jou mooi mik en druk fotos kan sien! Heerlik reis en vertel voort

    Liked by 1 person

  4. Niks fout met die fotos nie. Die laaste een lyk soos ‘n skaap met ‘n baie beswaarde gemoed! Geniet die kuier.

    Like

  5. Terug pieng: Travel Sydney to Adelaide – Itinerary (1) | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s