Toepassings – Apps

Toepassings, Apps, of soos Amoré Bekker sê, Toeps, het op hul eie manier ons lewens binnegekruip. Sommer so stilweg. 

Ons Facebook en Whattsapp vir ‘n vale, doen ons banksake, speel op WordPress. 

‘n Toep wat my lewe soveel makliker maak, is Booking.com. Wat ‘n plesier! Ek gebruik al vir jare verkieslik Booking.com as ek verblyf bespreek. Aanvanklik was baie van die plekke duurder as by van die ander internetakkomodasie-opsies, so ek het dit slegs gebruik as daar nie ander, goedkoper plekke beskikbaar was nie. 

Met tyd het ek, lyk dit my, tog geno

eg van hulle gebruik gemaak om as ‘n gereelde gebruiker gemerk te word. Skielik, as ek op ‘n plek akkomodasie soek, verskyn daar spesiale aanbiedinge wat nie gewoonlik daar was nie. Dit maak dat ons vir aansienlik goedkoper op baie beter plekke kan bly. Hierdie spesiale aanbiedinge maak dan die beter en duurder plekke selfs goedkoper as die goedkoper opsies. 

Behalwe nou hierdie voordeel van goedkoper, het ek nog altyd Booking.com bó die ander internetakkomodasieplekke verkies omdat die bespreking dadelik bevestig word, ‘n mens hoef nie eers aansoek te doen en te wag vir reaksie nie. Die ander, groot voordeel is dat hulle internasionaal is, ‘n betroubare groep met wie ek bekend is. 

So watter toeps gebruik jy graag?

Toortsie

3 thoughts on “Toepassings – Apps

  1. Die eneki waarvaan ek nou die hééél meeste hou is my AndBible want dit bevat nie, soos al die ander, Admob Adware wat agterdeure kan oopmaak vir malware, spyware en phishing nie. Dis die heel veiligste aanlyn Bybel ooit. Ek laai gratis af – 1953 Afrikaans, YLT, NET, NHEB, WEB, 1599 Geneva (wat evangelie reg rondom die aarde uitgedra het) en vele ander vertalings. Woordeboeke, konkordansies, kommentare en kaarte. Dit dek ‘n magdom tale van Afrikaans tot Zulu. Boonop kan jy dit na jou microSD-kaart skuif.

    Dan ook VLC Mediaplayer. En Google Keep. So handig, hierdie toeps.

    On 19 Sep 2016 06:27, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    Toortsie posted: “Toepassings, Apps, of soos Amoré Bekker sê, Toeps, het op hul eie manier ons lewens binnegekruip. Sommer so stilweg. Ons Facebook en Whattsapp vir ‘n vale, doen ons banksake, speel op WordPress. ‘n Toep wat my lewe soveel makliker maak, is B”

    Like

  2. O jaaaa!! Booking.com is tops! En die bespreking kan sommer op my foon se “wallet” lê! Wát ‘n plesier! Ons het ‘n rukkie terug dié ongelooflikste eenheid in Lissabon bespreek deur Airbnb. Dit was ook ‘n juweel. Lekker reis!

    Like

Gesels saam, asseblief!