Nog ‘n boodskap van hoop

So gee God toe twee dae ná mekaar vir my boodskappe van hoop. Direkte boodskappe wat ek net nie mag ignoreer nie. Die eerste een het ek verlede Sondag geplaas, en hier volg die tweede een. Dis nie dat ek dit loop soek het nie, God het dit vir my in my skoot gegee.

Jes 61: “Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ‘n blye boodskap te bring aan die mense in nood;

Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is,

om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos,

die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer.

Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.

Hulle sal die eeue-oue puinhope opbou, plekke herbou wat lankal verlate lê, hulle sal verwoeste stede weer opbou, plekke wat geslagte lank verlate lê.

Uitlanders sal in julle diens wees en julle kleinvee oppas, vreemdes sal in julle lande en julle wingerde werk.

Julle sal genoem word: Priesters van die Here, Dienaars van ons God. …

Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit.  .. 

Almal wat na my volk kyk, sal besef dat hulle ‘n volk is wat deur die Here geseën is. 

Ek is baie bly oor die Here, ek juig oor my God, want Hy het my gered, vir my oorwinnaarsklere aangetrek. Ek is soos ‘n bruidegom met ‘n priesterkroon op, soos ‘n bruid met haar juwele aan. 

Soos die grond plante laat uitspruit, soos die plante in ‘n tuin vrugte gee, so gee die Here my God die oorwinning en laat Hy al die nasies luister na die loflied tot sy eer.”

Wat ‘n wonderlike belofte! Hoe kan ek dit nie ernstig opneem nie? Toe ek die ander een lees, het ek stil opgewonde geword, maar toe hierdie bevestiging vandag kom, hoe kan ek dit nie glo nie?

Ook vir jou wens ek hierdie belofte van hoop toe. Kom ons fokus op God, nie op ons probleme nie. Hy is sterk, kragtig, en deur Sy Gees is daardie krag ook tot ons beskikking.

Groete

Toortsie

Ns. Asof dít nie genoeg is nie, gee God toe die volgende dag wéér ‘n hoopboodskap! Drie dae in ‘n ry! 1 Samuel 1:17: “Wees gerus en gaan nou maar. Die God van Israel sal aan jou gee wat jy hom afgesmeek het.” 1 Samuel 2: “Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se dagstukkies op Sondae. Bookmark the permalink.

3 Responses to Nog ‘n boodskap van hoop

  1. AWETHENTIQ sê:

    Dankie vir dié stukkie vaste spys!

    Like

  2. ekmyselff sê:

    Wow. Winderbaar. Dankie vir die deel. Ek het dit vandag nodig.

    Like

  3. Kameel sê:

    Amen op dit.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s