Together -Saamwees

Daily post

If there is something that I value very much, it is togetherness. It is something that I preach to my children as well. The value of togetherness. 

Mense maak my ook soms moeg, veral omdat ek nie elke dag met mense om my te doen kry nie. Maar juis uit my amper alleenbestaan, waardeer ek saamwees nóg meer. Veral saamwees met mý mense, my familie, my vriende, my kinders, my geliefdes. Dalk maak ek húlle moeg, maar dan kan hulle mos maar gaan rus as hulle wil!

Saamwees. Saam lag. Saam stap. Saam huil. Saam simpel wees. Saam eet. Ons het juis gisteraand onsself weer heeltemal verloor met ‘n saametery en ‘n kelner wat die swakplek in ons mondering gesien het en homself uitstekend van sy taak gekwyt het. 

Wanneer ‘n mens al van die mense naaste aan jou verloor het, aan die dood, maar ook aan die lewe, raak saamwees vir jou kosbaarder as ooit, loop jy soms selfs die duiwel storm omdat jy besef dat elke oomblik van saamwees ‘n kosbaarheid is. 

Maak gebruik van elke geleentheid, ook vir saamwees. Dis geskenke van God.

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

12 Responses to Together -Saamwees

  1. AWETHENTIQ sê:

    Toortsie is WordPress toe vir haar vakansie. 😂😂 Ek het geleer alleen wees met my Skepper. Soms pla mense my omdat alledaagse geraasbesoedeling inbreuk maak op iets spesiaals.

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    O ja ek stem!!! Dit is moeilik om die klomp bymekaar te hou maar ons probeer. Die lekkerste lekker as die kroos (en hulle aanhangsels 😊) weer so onder een dak is.

    Liked by 1 person

  3. En daai saamwees, dít is wat ons die méëste gemis het van in anderland bly! Koester mekaar!💕

    Like

  4. Sune Mans sê:

    Baie waar Tootsie!
    Was erenstig siek die jaar en het in my hospitaalbed besef wat n voorreg saamwees en lewe is.
    Groete
    Sune

    Liked by 1 person

  5. Is net soos jy sê. Saam is beter as alleen. Kyk- ek hou sommer baie van my eie geselsskap, maar my man reis baie en my kattie is nie genoeg om mee ‘saam’ te wees nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s