Daar’s boeke en daar’s boeke

Party boeke lees jy en dit gaan by die een oog in en by die ander een uit, jy geniet dit terwyl jy dit lees of dalk nie. Dan is daar ander boeke wat jy oor en oor en oor kan lees en elke keer iets nuuts daaruit kry.

Een so ‘n boek is Beleef God deur Henery Blackaby. Ek is nie seker of dit nog beskikbaar is nie. Dis oorspronklik uitgegee as Experiencing God. Ek sien nogals hier is ‘n skakel om dit gratis af te laai.  Hierdie boek het my lewe verander, my uitkyk op my belewing van my geloof.

‘n Boek waarmee ons bybelstudiegroep tans besig is, is Die Seun van God deur Rick Warren. Sjoe! Wat ‘n boek! Ek doen dit as tuisstudie, maar ook in die groep en die oomblik wat ek nou klaar is met dit, gaan ek dit nóg ‘n keer doen, net omdat ek wil vaslê wat ek daarin geleer het. Dit gaan oor ‘die lewe van Jesus in jou’ en die onderwerpe wat behandel word, is Jesus se doop en jou doop; Jesus se versoeking en jou versoeking; Jesus se lyding en jou lyding; Jesus se dood en jou dood; Jesus se opstanding en jou opstanding; Jesus se bediening en jou bediening.

Soms mag dit gebeur dat daar dalk ‘n aspek is waar jy nie heeltemal saamstem met hom nie, tog is daar soveel te leer daaruit. Die dinge van Jesus wat ons so goed weet, soveel dat ons amper nie eers meer daaroor dink nie, word uitgelig. Net die afgelope week het ek weer eens geleer dat dieselfde krag wat God gebruik het om Jesus te laat opstaan uit die dood, in my en jou teenwoordig is as ons in Hom glo. Dieselfde OPSTANDINGSKRAG is NOU REEDS in ons teenwoordig! WOW!

Ek wil hierdie boeke regtig aanbeveel. Dis lewensveranderend, lewensverrykend.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die aanleer van dissiplines

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie op die radio

capture

Toortsie by Pinterest 

9 thoughts on “Daar’s boeke en daar’s boeke

  1. Daar is iets oor Jesus wat mense miskyk. As ‘n mens eers weet hoe die eerste gelowiges geglo het, wat die Bybel geleer het voordat die tekste verander is om sekere sienings te pas….wat ons vandag in druk het, is nie outentiek nie en daarom is hoe ons glo ook nie in lyn met die oorspronklike geloof nie. Moet ek daarop ingaan? Die probleem is dat mense kwaad word as truth is stranger than fiction. Jesaja 9:6 hou alreeds die geheim in. Daar staan dit oop en bloot, mense kwoteer dit tot vervelens oor elke Kersgety maar sien nie raak wat daar geskryf staan nie. Jesus self het dit bevestig. Jammer dat mense beeldspraak letterlik opneem en dan ‘n dogma daaruit ontwikkel.

    Die Bybel gaan by een oog in en by die ander oog uit. Tragies.

    On 15 Sep 2016 06:07, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Party boeke lees jy en dit gaan by die een oog in en by > die ander een uit, jy geniet dit terwyl jy dit lees of dalk nie. Dan is > daar ander boeke wat jy oor en oor en oor kan lees en elke keer iets nuuts > daaruit kry. Een so ‘n boek is Beleef God deu” >

    Like

  2. Het Experiencing God ook ‘n paar keer gedoen. Dit is so ‘n mens vergeet so gou en dit is beter om dit ‘n paar keer oor te doen. Ek is besig met ‘n boek “Soul Keeping” Wanneer ek by die einde van die boek kom begin ek weer van vooraf. Dink ek lees hom nou vir die vyfde keer.

    Like

    1. Ek dink dis ‘n geval van groet. Beleef God is so ‘n kragtige boek, hy slaan jou amper om die eerste keer wat jy dit doen. Maar elke keer wat jy hom weer doen, het jy al ‘n bietjie gegroei en is jy gereed vir die volgende pitkos.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!