Recharge -Herlaai

Daily post.

Recharge. Herlaai. Wat is die slaap?  ‘n wondersoete ding. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, die sewende dag moet jy rus. A change is as good as a holiday. Holiday! Nóú praat jy!

Soveel keer hoor ek van mense wat nooit vakansie neem nie. Soveel keer hoor ek dat die man sê hul het dit nie nodig nie, ons rus sommer by die huis, dan wonder ek, wanneer kry die vrou dan haar ruskansie?

Aan die voete van Jesus kry ek daagliks krag, word my batterye herlaai, kry ek geestelik krag om my dagtaak te doen of probleme in die oë te kyk. Maar Saterdae is myne. Op ‘n Saterdag kry jy my nie in my kantoor nie, tensy ekself daar wil wees nie. Saterdae doen ek my eie ding op my eie spoed en Sondagmiddae rus ons. Slaap ons die slaap van die dooies. Sodat ons batterye herlaai kan word vir die week wat voorlê.

Ons is bevoorreg om Desembervakansies see toe te gaan, maar daar werk ek ook maar. Dis lekker om saam met vriende te kuier, tog bly die huishouding my verantwoordelikheid.

My beste herlaai gebeur as ons iewers in die jaar sommer net ‘weggaan’. Dís wanneer ons iets anders doen. Dán word my batterye behoorlik herlaai. Ek dank my man dat hy my dit gun, ons vennoot dat hy dit toelaat en ek loof God dat Hy dit moontlik maak dat ons dit kan doen.

Ek aanvaar dat almal nie dieselfde is en dalk nie so ‘n  ‘weg van die huis’ nodig het nie, maar ek? Ek móét my batterye iewers anders loop herlaai,  dan het ek sommer weer woema om groot dinge aan te pak. So as julle dalk in die volgende paar dae niks van my hoor nie, ek recharge net ‘n bietjie!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die aanleer van dissiplines

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie op die radio

capture

Toortsie by Pinterest 

8 thoughts on “Recharge -Herlaai

  1. Dis die lekkerte van Kaapstad. Mens kan brandarm wees maar gratis geniet wat die Skepper so mildelik uitgedeel het. Strande van sand, ander van rots. Stap, klim, klouter of maak soos Sheryl Crow: “I’m gonna soak up the sun.” Mahala. Gratis. Pasella. Verniet. Daar is soveel plekkies waar jy kan gaan rus vind in die natuur, skaars tien meter van ‘n besige pad af. As jy nie lui, al te oud of dalk gestremd is nie, kan jy gratis tot bo-op Tafelberg kom. Of Elsje’s Piek, Klaasjagersberg, Duiwe(ls)piek, Leeukop, Silwermyn, Hangberg, om maar net ‘n paar te noem. Die ekopark by Groenpunt is pragtig en toegang gratis. Regoor die vuurtoring by Mouillepunt. MyCity se busse is goedkoop en jy kan met minder as R50 vir twee Bloubergstrand, Melkbos of Duynefontein toe vir die dag. Clifton. Kampsbaai. Bakoven. Oudekraal. Llandudno. Houtbaai.

    R35 per persoon neem jou vanaf Kaapstadstasie tot by Simonstad en terug – klim soveel keer op of af as jy wil. Klim af op Muizenberg (Amuzingberg soos ek dit op Ingils noem 😁), eet lekker vis by Gary’s Surf Shop en stap met die voetpad tot by St James, kyk hoe Noorkaperwalvisse tot naby jou kom uit pure nuuskierigheid. Neem weer die trein tot in Vishoek, eet baie lekker op die strand of by Bayside by Drifters. Stap met Jaeger Walk en neem trein vanaf Sunny Cove tot in Simonstad. Daar is soveel om te sien en te doen. Arm? Pak jou rugsak en piekniek sommer net waar die lus jou beetkry. Die lewe is ‘n reisvakansie. Die digter was reg – die rus is elders.

    Terloops, ons is heeldag en aldag by die V&A Waterfront oftewel die Waterkant op Afrikaans. Kyk hoe die droogdok werk, veral as die caisson in- of uitgeneem word. Dis die digte hek wat die droogdok afsper. Sien hoe ‘n skip op die synchrolift hanteer word, stap sommer af na die hawemuur en die helikopters, doen iets meer as om te sit en suiker inkry of geld te blaas. Daar is baie gratis te sien en doen as jou oë oop en jou ingesteldheid reg is.

    On 14 Sep 2016 05:33, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    Toortsie posted: “Daily post. Recharge. Herlaai. Wat is die slaap? ‘n wondersoete ding. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, die sewende dag moet jy rus. A change is as good as a holiday. Holiday! Nóú praat jy! Soveel keer hoor ek van mense wat nooit vakansie “

    Liked by 1 person

      1. Hahahaha een twee drie borg jouself. Ons doen dit op ‘n vaste inkomste van R1,510 per maand. Ongeskiktheidstoelaag. SASSA borg my reeds! Koffiefles, rugsak met toebroodjies, daar gaan ons. Eergister met geleende kar gratis Kaappunt toe, wat ‘n belewenis. Ons het selfs bontebokke gesien, sysies, of was dit tinktinkies? Piepklein voëltjies wat lyk soos miniatuur kwikstertjies.

        Like

  2. Ek stem, ‘n mens moet wegbreek van die alledaagse lewe en weer ander dinge sien, ander lug inasem, ander paaie ry en ander gesigte sien. Geniet…. en laai daardie battery van jou.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!