Om jou hart te volg

Lief God grootliks het ‘n fantastiese bloginskrywing gemaak oor ‘volg jou hart’. Ja, natuurlik moet ons ons harte volg, maar meer nog moet ons vir God volg.

Ons harte wys ons wat ons regtige begeertes is en dis seker goed om ons lewens te leef met dit waaroor ons passievol is, maar alles het ‘n prys. Ons moet steeds ons hart volg binne die raamwerk van God se Woord.

Ons hoor soms sulke ‘waterdigte’ redenasies van hoekom mense dinge wil doen, jy kan dit eintlik nie teëgaan nie, maar alles in jou wese skree dat dit verkeerd is. Soos, ek is nie meer lief vir hom nie, gun jy my dan nie geluk nie? Hoekom mag ek nie die ander vrou se man vat nie, ons hou dan van mekaar? Ek het papiertjies in die lug opgegooi waarop ‘ja’ en ‘nee’ staan en vrae gevra, soos, ‘moet ek skei’ en ‘moet ek aangaan met my huwelik’ en elke keer het die manier wat die papiertjie geval het, gewys dat ons moet skei. Of hoekom kan ek nie ‘n ander man op my oorsese vakansie vergesel nie, niemand weet daarvan nie, dit sal nie my man seermaak solank hy nie weet nie.

Sulke tye het ek nie die antwoord nie, maar alles in my skree dat die redenasies en metodes teen die wil van God is, maar wie is ek om te oordeel? Wie is ek om raad te gee waarvoor nie gevra word nie?

Dis nie net by huwelike wat soms totaal vreemde redenasies gevolg word nie, ook in die alledaagse lewe.

Ons moet seker maak dat ons harte se wil in lyn met God se wil is. Hy weet regtig die beste. As ek my hart volg, trap ek soms in slaggate, sommer in die klein dingetjies van die lewe. Spreuke sê, Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak. My vriendin vra altyd, het jy al by God gaan hoor? Wat sê Hy?

God is nie ‘n spoil sport nie. Hy wil vir ons die heel beste hê en deur eerder vir Hom te volg, gaan vir ons op die ou end baie meer geluk bring as die tydelike opwinding van begeertes volg wat eintlik nie goed is vir ons nie.

Sterkte, dis nie aldag maklik nie, maar oor en oor die moeite werd.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Die aanleer van dissiplines

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie op die radio

capture

Toortsie by Pinterest 

4 thoughts on “Om jou hart te volg

  1. Daarom moet ons gereeld bid “Search me O God and know my heart, try me and know my thoughts. And see if there be any wicked way in me, and lead me in the way everlasting. Praise His Holy Name!!!!! Oh what a mighty, mighty God we serve!! Father let all who read this blog open their hearts before You and allow You to enthrone their hearts. In Jesus Holy Name. Amen

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!