Toortsie se Voelgoedstorie 1 – ‘n Beter jy

Finesse se blogs staan ook bekend as die ‘voelgoedblogs’. So met tyd beplan ek om my Finesse bloginskrywings een vir een hier te plaas. Hier is die eerste een:

’n Beter jy

’n Beter ek?

Goeiedag, my naam is Toortsie, ’n flitsliggie, omdat God my geroep het om ’n liggie tot Sy eer te wees. Net ’n klein ou liggie. Dankie dat jy hier lees en ek hoop dat ons nog lekker lang en ver paaie sal saamstap en lekker saam om koppies tee sal kuier. Dit sal vir my heerlik wees as jy sal saamgesels deur kommentaar te lewer.

Ek is baie lief vir lees: Ligte leesstof, maar ook opbouende boeke. Boeke wat my help om ’n beter mens te word. In my jongdae het ek altyd iets raakgelees wat ek voel vir iemand anders bedoel was. Hierdie stukkie is nou nét vir my man bedoel, of hierdie een is vir my vriendin bedoel. Ek het nooit vir mý gelees nie! Sou ek dan die stukkie vir manlief voorlees, het hy nie die vaagste benul gehad hoekom ek dit juis vir hóm lees nie!

Een keer by ’n huweliksverrykingskamp begin die aanbieder deur te sê dat ons elkeen tydens die kamp moes kyk wat daar vir mý was om te leer en te verander, nie waaraan my maat moes verander nie. Dít het my lewe verander! Skielik het ek vir myself begin lees, raakgesien waaraan ék moes werk, watter foute ekself maak, waaraan ekself moes skawe.

Wat ’n wonderlike pad! Sonder dat ek dit besef het, het groei in myself gekom, het ek hopelik ’n beter mens geword. O, ek maak steeds baie foute, maar dit het beslis gewerk.

Nou wonder ek sommer, wat het jý al raakgelees wat vir jouself baie beteken het? Wat het jy gelees wat jou lewe totaal verander het? Wil jy dit nie met ons deel nie?

Geniet jou dag. Geniet elke oomblik wat God vir jou gee.

Tot volgende week,

Toortsie

Toortsie by Finesse: Ek en die sosiale media

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie op die radio

capture

 

Toortsie by Pinterest 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Toortsie se voelgoedstories and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Toortsie se Voelgoedstorie 1 – ‘n Beter jy

  1. Kameel sê:

    Ons sien ander se foute vinniger raak as ons eie, dus lees en hoor ons preke wat vir ander bedoel is makliker. Dit is eers wanneer jy jouself oopmaak vir die werking van God se Gees in jou lewe dat jy jy jouself begin sien, en kan verander.

    Liked by 1 person

  2. “Steek hand in eie boesem”,kry nuwe betekenis…dankieToortsie!

    Liked by 1 person

  3. malmens sê:

    Het juis net vanoggend gelees in Lukas 6:41 & 42 dat jy eers die balk in jou eie oog moet raaksien. Dis tyd dat elkeen dieper moet delf, in ons eie rugsak moet gaan grou, voordat ons ander se rugsak wil uitpak of dra.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s