Gee jy vir hulle

Scrapydo se toeka:tokkel – Kos

As jy in ‘n familie ingetrou het waar kos so ‘n groot rol in die lewe speel dat jy omtrent pal in die kombuis moet wees, sal jy verstaan waarom ek in ‘n veld wil gaan staan en gil, en gil tot al my kosfrustasie uitgegil is. Toe ek my frustrasie hardop uiter deur te sê dat ek wens ons was gemaak om op petrol te loop, was die reaksie wat ek gekry het nie baie goed nie.

Nou goed, God en nie ek nie is die argitek, en ons het kos nodig om ons aan die gang te hou. Armoede en hongersnood is tragies, en dit is goed dat daar organisasies, en mense is wat uitreik na diè toe wat nie het nie. En laat ek net hier my dankbaarheid teenoor God getuig vir die kos wat elke dag op my bord is, en dat ek nog nooit honger gaan slaap het nie.

Dit was kos wat my oë oopgemaak het vir ‘n ander nood wat ek nie seker is hoe om te hanteer nie. Ons kerk lewer weekliks kos by ‘n arm woonbuurt in Pretoria af. Ken ry die bakkie so eenkeer ‘n maand en het by my aangehou ek moet eenkeer saamry om te gaan kyk. Ons het eers by ‘n sopkombuis gestop waar ‘n “down to earth” tannie met ‘n vriendelike lag ons verwelkom het. Die karakters wat die bokse kos van die bakkie kom afhaal het is…. wel “karakters!!!” Ek het heel grootoog staan en toekyk, en die tannie wat so vrylik tussen hulle rondbeweeg bewonder.

Die ouetehuis was volgende aan die beurt. Die gebou en tuintjie is heel netjies, en ek het met vrymoedigheid uitgeklim – die man in die rolstoel wat daar eenkant sit gegroet – en die gebou binnegestap. Alles netjies maar te somber na my smaak. ‘n Pragtige ou orrel het my aandag getrek, en ek het tot vermaak van ‘n ander man in ‘n rystoel, hardop gestaan en “oe” en “aa.” “Jy hou van ougoed?” vra hy. Op my “ja” sê hy ek moet gang afstap daar is nog baie ou meubels te siene. Ek laat nie op my wag nie en vat die pad wat hy aanwys.  Dit is terwyl ek ‘n ander kas staan en bewonder dat ek bewus word van mense in die vertrek agter my. Ek draai om en sien deur die deuropening twee vroue in ‘n rolstoelle sit. “Hello,” groet ek en begin met hulle oor die oukas praat. Dit is toe ek nader stap en in die vertrek inloer wat my hart sommer in my skoene sak. Al langs die mure van die vertrek sit daar so dertig of veertig oumense – hulle sit soos lewende dooies starend voor hulle uit. Niemand lees ‘n boek nie, niemand gesels nie – daar speel nie eers bietjie musiek nie. Dit is ‘n hartverskeurende prentjie.

Ek vra die vrou wat ek vroeër gegroet het hoe lank sy al daar bly. Sy praat heel gewillig met my, en toe ek haar vra hoe oud sy is antwoord sy 93. Meteens kry die vrou langs haar lewe, sy buig vooroor, en staar in die ander een se gesig, “Ek het nie geweet jy is al soooooo oud nie,” sê sy verbaas. Op daardie oomblik roep Ken my; ons moet ry om nog by ‘n kleuterskool ook kos te gaan aflewer. Ek groet vinnig, en stap terug bakkie toe. My gemoed is swaar. Hopenlik kry die oumense genoeg om te eet, maar het hulle nie meer as net kos nodig nie? Hoeveel eensaamheid is daar in daardie een vertrek saamgevat? Hoeveel onvertelde stories lê binne daardie ou liggame opgesluit? Hoe slaan jy jou arms om al daardie mense en druk hulle teen jou hart vas? Hoe gee ek vir hulle?

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

23 Responses to Gee jy vir hulle

  1. Ek sien elke keer daardie prentjie as ek my skoonma(91) gaan besoek.Ongelukkig is driekwart van daardie mense stokdoof en verstandelik nie meer by nie.Dis verskriklik vir haar,want sy is nog skerp en daar is niemand met wie sy sinvol kan gesels nie.Daar is seker nie veel aan te doen nie en soos jy noem,hopelik kry hulle genoeg kos om te eet!

    Liked by 1 person

  2. ekmyselff sê:

    Dit is baie hartseer, maar hoe help mens. Waar is almal se kinders? Een ma kan 5 selfs 12 grootmaak maar 5 kan nie na een ma kyk nie…. ai ek praat nie van BLY nie maar darem net van tyd tot tyd kuier en bietjie erensheen uitvat.
    Gaan jy weer kuier.
    Ja heng “plaasmense” staan mos van die tafel af op en loop reguit kombuis toe om met die aand se kos te beging….

    Like

    • Kameel sê:

      Ek sou graag so twee of drie onder my vlerk wou vat en vir hulle gaan kuier en bietjie bederf maar my dronkkop laat my nie toe om so vêr te bestuur nie. Dit is ook ‘n omgewing waar ek nie dink ek sal vrou alleen wil ingaan nie. Partykeer is dit net beter om niks te sien nie. My man staan net van tafel op dan wil hy klaar weet wat is vir lekker by koffie!!!!

      Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Miskien is dit net beter om nie hierdie dinge te sien nie.

      Like

      • Toortsie sê:

        Maar as almal nie sien nie, gaan daar niks gebeur nie. Ek probeer altyd as ek deur die sitkamer stap op pad na my ouers om ‘n geselsie met almal te maak, hier ‘n drukkie uit te deel, daar kyk hoe ‘n tannie sit en hekel. Maar dis ook maar een keer per week, die res sit my ma ook maar in haar kamer alleen.

        Like

        • Kameel sê:

          Die bietjie wat jy doen glo ek beteken baie vir daardie mensies. Dink aan my ouma wat tot net voor haar dood by my ma hulle gebly het. Sy het ook heeldag in haar kamer gesit en gehekel, poprokke met die hand sit en maak, en al die christelike uitsendings op haar radiotjie geluister. Sy het darem gelewe… nie so lewend dood voor haar sit en uitstaar nie. Jou ma en jou verhouding nou beter?

          Like

  3. Dis baie hartseer Kameel, veral wanneer hulle nog by hulle volle positiewe is en so eensaam. My ma het eendag vir my gesê sy hou nie daarvan om in die ouetehuis te woon nie, want die oumense maak haar mal – hulle praat net str@nt. Sy was toe al 95 jaar oud en die frustrasie was nog duidelik waarneembaar. Ek onthou ook hoe een van die oues daar eendag met my geraas het omdat ek altyd net by my ma kom kuier en nooit by haar nie! Dis erg ontstellend.

    Like

  4. Ai daar is baie hartseer in die wêreld

    Like

  5. Ai, Kameel, ek weet nie wat om vir jou te sê nie…’n lang lewe is nie altyd ‘n seën nie!

    Liked by 1 person

  6. Nou het jy my laat terugdink aan die tyd wat ek die biblioteek op n Woensdagoggend gedoen het by ouetehuis. Ek het elkeen se storietjie geken en aangehoor. As een nie opdaag om boeke om te ruil nie het ek gou gaan hoor hoekom. Meestal is die persoon siek of in die bed. HUl waardeer so baie daardie bietjie aandag. Een tannie het op einde in rolstoel gesit en omdat daar nie genoeg helpers was nie moes sy in die siniele afdeling lê en sit gedurende die dag. Ek het haar daar gaan besoek want geen familie het rerig belanggestel nie. Een oggend dwing hul haar uit die bed. Sit haar op n stoel in sitkamer met n tefeltjie voor haar met haar kos. Sy lê toe op haar arms. Ek vra haar toe hoe dit gaan. Het my arm om haar skouer gehad en my oor by haar gesig. Weet jy wat sy sê: Vat my saam met jou. Ek kannie meer nie.” Eke huil sommer weer van voor af. Sy is die aand toe oorlede, sonder iemand wat omgee by haar.

    Like

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 33: n Eienaardige ondervinding/ervaring – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s