Toortsie se Toeka Tokkel oor KOS!

In opdrag van Scrapydo.

Kos! Wat ‘n WONDERLIKE ding om oor te skryf!

Vir soveel jare is ons gekondisioneer om so REG te eet dat ons amper nie kos GENIET nie. Vir meer as 30 jaar het ek ‘n styd met my gewig gehad, en saam met dit dan ook ‘n stryd met kos. Vir meer as 50 jaar het ek probeer om ‘gebalanseerd’ te eet, net om vetter en vetter te word, meer selfbewus oor my lyf, ongemaklik te voel, te hoor as daar onderlangs onvleiende dinge gesê word oor vet mense, moes hoor uit die plaaswerkersvroue se monde: ‘Mevrou het darem nou dik geword.’ Skaam voel omdat ek alewig lus voel om iets te eet, wat is dan fout met my, is ek ‘n VRAAT? Hoekom hunker ek so na kos?

Kos is ‘n WONDERLIKE ding wat God vir ons gegee het om te geniet, voluit te geniet. Dis lekker om in die kombuis te vroetel (asseblief nie heeldag nie, ek is ‘n lui kok), dis heerlik as die geure jou kombuis en huis begin vul. Dis lekker om saam om ‘n braaivleisvuur te sit terwyl daar gebraai word, dis lekker om saam om ‘n tafel te sit en elke happie te geniet. Dis lekker om te gaan uiteet saam met familie en vriende. Kos is LEKKER. EET is lekker! En nee, dis geen skande om dit voluit te geniet nie!

Die probleem is wel dat soveel van ons nie weet waar om te stop nie, dit was vir jare ook mý probleem. Ek was kosverslaafd. Maar eintlik was dit nie kosverslaafd wat ek was nie, maar suikerverslaafd. Soos met enige verslawing het ek geen beheer daaroor gehad nie. Dit het meegebring dat ek altyd honger was, altyd lus was vir nog, altyd plek gehad het vir nog iets, selfs al het dit vir my gevoel my oë peul al uit. Ek kon net nie nee sê vir kos nie en het altyd ongemaklik gevoel tussen die gesondheidsguru’s wat so fyntjies eet. Wat is fout met my?

Daarom is ek só dankbaar vir Banting (LCHF) wat oor my pad gekom het. Danksy Banting kan ek my suikerverslawing in toom hou. Ek het steeds ‘n kosverslawing, ek wil steeds meer gereeld eet of knibbel as wat nodig is, maar dit maak nie meer saak nie, want omdat ek nie meer stysels of suikers inneem nie, is dit binne beheer! Is ek gesond! Voel en lyk ek goed! Kry ek komplimente, nie net oor my lyf nie, maar oor ek so gesond lyk.

Danksy Banting mag ek kos geniet in sy volheid en rykheid. Wat ‘n genade!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Ek en die sosiale media

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie op die radio

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge, Toortsie se Toeka Tokkel stories, Verslanking and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

13 Responses to Toortsie se Toeka Tokkel oor KOS!

  1. sonSkyn sê:

    Ek wens ek kon jou dissipline gehad het!

    Like

  2. Kameel sê:

    ‘n Lekker onderwerp vir jou, ‘n goor onderwerp vir my. Ek en jy is pole verwyder van mekaar wanneer dit by kos kom. Lekker eet jy!!!

    Liked by 1 person

  3. Ai,ek is saam met jou bly dat jy sover gekom het,Toortsie!Ek sukkel kwaai met my suikerverslawing!

    Like

  4. Ek het gedink jy sou ‘n lekker blog hieroor skryf en ek is nie teleurgestel nie.

    Like

  5. Toortsie sê:

    O ja. Dit doen mens een keer ‘n jaar!

    Like

  6. Ek doen lank al nie meer osstert nie net omdat dit so duur geword het. Ek haal my hoed af vir jou en die verandering wat jy in jou lewe gemaak het om banting te doen en om daaroor te skryf. Jy is n inspirasie vir baie mense.

    Liked by 1 person

  7. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 33: n Eienaardige ondervinding/ervaring – I scrap 2

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s