Sommer oor ek en Ursula

Ek wil julle net sommer vertel van my en Ursula se verhouding. Ursula, my kamtige Alter Ego.

Ursula is ‘n 100% produk van my verbeelding. Iemand het ‘n paar jaar gelede by ons gekuier en vertel dat haar gewese kamermaat so iemand by haar het, so ‘n fiktiewe persoon en hulle twee doen alles saam. Juis op daardie stadium het ek my goed so verlê, en net daar is Ursula ‘gebore’. Aanvanklik het Ursula net die skuld gekry vir alles wat verkeerd loop in my huis, maar mettertyd het sy my ‘hulp’ geword. Steeds net my verbeelding.

Sien, ek het altyd gedink ek is iemand wat net met harde feite kan werk. Tog is ek mal oor fantasie. So ek geniet Ursula en haar stories verskriklik baie. My vriende wat my goed genoeg ken, sal, as ek iets snaaks aangevang het, vra of dit Ursula is of ek, so ek word ook nog van buite gestimuleer. Elke iets vreemds, wat eintlik maar net my eie koekoesgeit is, word verwys na Ursula. En as julle blogmaats ook saamspeel en haar kamtig ernstig opneem, krul my tone ook behoorlik, dis soos olie op die vuur! 🙂

Maar nee, ek het nie ‘n gesplete persoonlikheid nie, alhoewel my persoonlikheid baie fasette het. Tog is ek 100% bewus van elke iets wat ek doen, en is alles wat ek doen, maar net nog ‘n deel van my. Ek staan ook 100% ma vir alles wat ek doen. (En soms ook nog vir wat ANDER mense doen!)

Maar Ursula? Suiwer verbeelding! En Nicodémus? Ook net suiwer verbeelding, en terloops, my broer geniet dit nou vreeslik dat daar sowaar nou ‘n Nicodémus ook is, waarvan hy natuurlik niks weet nie, hy hoor maar net lawwe Nicodémusstories by my!

So dis die storie!

Toortsie

19 thoughts on “Sommer oor ek en Ursula

  1. Sjoe! Ek het nie geweet Banting geen jou so ‘n gewiglose lyf by nie! 😂 Nou moet ek net uitvind waar my sokkies en sakdoeke heengaan, wie dit gaps……

    Like

    1. Jy moet baie versigtig wees! Maar dis nie Banting nie, dis Blogging wat so gevaarlik is! En hul het my gewaarsku, sy kry oor jare maatjies, en hier IS dit nou so! Nicodémus en al en ek vrees as ek dink wie sy nog almal in kluise raakgeloop het.

      Liked by 1 person

  2. Maggies as ek nou so na julle luister skort ek ook iets, want ek praat ook so met myself, en met die hond en met waste ding daar ookal is om mee te praat.

    Like

Gesels saam, asseblief!