Opgewonde – take two

Scrapydo se toeka:tokkel – Opgewonde

Rondomtaliedraai sê sy gaan my met vrae peper om te sien of ek rêgtig nie opgewonde raak nie, want sien volgens haar hoe kan ek nie opgewonde raak oor my stukkies rykdom (my agt kinders, en sestien kleinkinders) nie. Sy het my so half uit ‘n slaap wakkergeskud, en ek het besef ek soek al die tyd na ‘n emosie wat ek voor ‘n gebeurtenis behoort te voel. Daardie emosies ontbreek definitief by my. Daar is ek en Marlè presies dieselfde; terwyl die ander drie meisiekinders sal rondspring van opgewondenheid oor een of ander gebeurtenis waarna hulle uitsien, gaan ek en sy heel rustig voort met die lewe. Ons Engelse seun Shane wys nog minder emosie, terwyl ons kunstenaarskind opgewonde raak met net die idee dat hy gaan uiteet.

Met die emosie uit die pad sien ek nou beter en moet sê “ja, ek raak opgewonde.” Het ek dan nie vir Ken gaan wakkerspring van opgewondenheid toe die Here vir ons op so ‘n wonderbaarlike manier van ‘n sitkamerstel voorsien het nie. En wat van my opgewondenheid langs die atletiekbaan toe ons kunstenaarskind vir Oos Transvaal langafstande gehardloop het. En daardie dag toe Jay op sewentienmaande net opgestaan en begin loop het, en ek van opgewondenheid skoon vergeet het ek was met iemand in gesprek op die foon. Ek kan ook ‘n belewenis wat ons deurgemaak het met groot opgewondenheid oorvertel. Bo en behalwe gebeurtenisse in ons lewens raak ek baie opgewonde wanneer ons wêreldbeker sokker kyk, en my span doen goed. Wolke maak my opgewonde; hulle is vir my van die mooiste mooi, en ek vestig altyd almal se aandag daarop.

En so kan ek aangaan, maar vir eens is dit genoeg. Ek is bly rondomtaliedraai het my so bietjie oor die vingers getik, ek voel weer lewe deur my are bruis!!!

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

17 Responses to Opgewonde – take two

  1. Toortsie sê:

    Sug van verligting! 🙂

    Liked by 1 person

  2. Tina het die regte benadering gehad om jou weer te laat dink.Dis die onderwyser in haar wat jou aan die dink gesit het!

    Liked by 1 person

  3. SUG (van verligting) dankie tog Jy het my heel bekommerd gehad. Ek glo mense beleef emosies verkillend en elke keer kom my gedagtes terug na dankbaarheid. Ek glo vas dat dankbaarheid mens opgewonde moet maak.

    Like

    • Kameel sê:

      Ek het myself skoon bekommerd gehad. Dit is so, om elke dag na die klein dingetjies (wat eintlik groot dinge is) te kyk en dankbaar daarvoor te wees lig jou gees en gee woema aan die lewe. Dankie dat jy my so ‘n bietjie weier laat kyk het.

      Liked by 1 person

  4. ek het vanaand bietjie aan my storie geskryf. my helper in kaapstad werk net so hart. Ek skryf en sy paste alles bymekaar.

    Liked by 1 person

  5. Daars hy. Nou het jy my opgewonde om verdere vertellings van jou ervarings te hoor. Die suster van my het beslis n oog, oor en gevoel vir emosies!

    Like

  6. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 32: Kos – I scrap 2

  7. Die lewe vanself maak my opgewonde. As ons net by hierdie van…ek moet alweer gaan werk..ding kan verby kom. Ons moet opstaan om lus die dag in te gaan. Ons kan loop, sien…alles. Ons gaan een van die dae see toe. Kaap toe. Ek kan nie wag om net vir die branders te sit en kyk nie.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dit is ‘n pragtige lewensuitkyk. Geniet die Kaap en die see. Ek sou voorwaar ook opgewonde gewees het oor Kaap toe gaan…. baie lief vir die Kaap!!!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s