Melody -Melodie

Daily post

Melodie. Wysie.

Enige klank het ‘n melodie. Ook ek en jy het melodie, selfs al voel jy dalk onmusikaal. Die oomblik as jy jou mond oopmaak om iets te sê, is daar wysie en ritme betrokke.

Soms sit ek sommer net en luister hoe elke voël sy eie wysie het. Luister jy na ‘n trop skape, het elkeen se mê ook sy eie wysie. Een oggend word ek by my dogter wakker van ‘n klomp hane wat kraai, wat aanhou en aanhou en aanhou en teen die einde van daardie dag het ek al ‘n hele hanewysie met bypassende harmonie en al in my kop. Nee ek het dit nie neergeskryf nie. Op hierdie oomblik hoor ek ‘n tortelduif, toe toe toeoe toe toe, dieselfde ritme oor en oor, die eerste toe toe toeoe vinnig, almal agstenote, terwyl die laaste twee toe toe‘s kwartnote is. 2/4 tyd, twee mate, terwyl die tuinier met ‘n sker die heining knip, knip, knip op reëlmaat en ‘n skaap soms mê as aanvullende klank. Kan jy dit ook hoor? Moet ek beter beskryf? Nou is die tortelduif weg en ‘n kolgans het weer sy eie wysie en ritme, kwe kwe kwe, kwe kwe kwe, ook 4/8 tyd, 3 agstenote en ‘n agstenoot rus. ‘n Ander voëltjie roep soms “Bêkie, bêkie”, hy roep blykbaar nie enige tyd nie, net as daar reën kom of nie kom nie, ek is nou nie seker wanneer nie.

Ek is sterker met harmonie as met melodie. Ek kan, as jy vir my die wysie gee, die res van die note bysit om dit ‘n vol klank te maak. Ek is nie oulik om ‘n wysie uit te dink nie. Tog maak ‘n wysie dit vir my makliker om iets te onthou. Gee die woorde as ‘n gedig en ek kan dit om die dood nie onthou nie. Sit ‘n wysie by daardie selfde woorde en ek onthou hul die res van my lewe!

Wysies maak my lewe makliker. Wat van joune?

Toortsie

Toortsie by Finesse:Toe vang die angs my

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie op die radio

14 thoughts on “Melody -Melodie

  1. Kyk as my kinders nou nog praat van die nagmerrie as ek hulle met ‘n “rise and shine and give
    God the glory, glooooooory!!!” wakkersing, moet ek vêr wegbly van wysies af. ‘n Dramatiese storie laat my beter onthou…. en ek lieg nie; ek leer al die gedeeltes wat vir my mooi is in die skrif in storievorm. “Jy met jou wysie, en ek met my drama en daar lê die ding!!!”

    Like

  2. Dis jou kombers en my matras en daar lê die ding, daar lê die ding!!!! En hier sing ek dit sowaar in my kop…. sal maar nie hardop sing nie, Ken sal sowaar sy kombers vat en loop. 🙂

    Like

      1. Nope, niemand in die familie waardeer my sangtalent nie…. onthou jy nie dat ek in die skoolkoor net my mond moes beweeg maar sorg dat geen klank uit my mond kom nie!!!

        Like

  3. Oooo, dit het ek nou geniet om te lees! Ek hoor daardie gesing(geluide) soos jy dit beskryf. Elke oggend as ek vroegdag loop is Tui’s besig met hul gesang. Hul maak die hoogste geluidjies en koggel mekaar. Dan kom “black birds” en lysters as die so wil opkom. Hier is ook n heuwel waar daar skape loop en lammertjies wat blêr. Ek geniet ook elke oomblik daarvan. Mis die duiwe se gekoer so vroegoggend. Hier is nie duiwe nie!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord