Sosiale media bemarking

Bemarking deur die sosiale media is iets wat al hoe belangriker geword het en soveel besighede het dit al ontdek. Ja, soms kan dit ook te erg raak en dis dan wanneer ons die goed as gemorspos merk.  Maar dis middele wat tot ons beskikking is en ek dink ons is dom om dit nie te gebruik nie.

Vir my werk my faceboekblad waar ek daagliks iets opsit oor LCHF. Ek is altyd bang dat ek om mense se senuwees werk daarmee, maar dit staan mos elke persoon vry om homself daarvan te verwyder. Ek dink ook dat faceboek so werk, kyk jy nie gereeld na ‘n bladsy of groep se bedrywighede nie, wys hulle dit ook  nie vir jou nie.

Tog is daar soveel mense wat produkte of dienste het wat hulle graag wil verkoop, maar nie weet hoe om die sosiale media tot hulle eie voordeel te gebruik nie.

Ek dink sommer ook hier aan sendingorganisasies wat 100% afhanklik is van donasies. Dis nodig om jou ondersteuners aan jou te herinner. Die ding is, daar is so baie organisasies wat jou goedgunstigheid nodig het, dis so maklik om van een te vergeet en aan ‘n ander aandag te gee.

Dís hoekom jou faceboek en jou blog en Pinterest en watter ander middele daar ook al beskikbaar is, daar moet wees. Dis nodig dat jy op ‘n gereelde basis iets opsit. Vertel as iets goeds gebeur het, van ‘n deurbraak wat julle gemaak het. Enige iets. Dit hoef nie ‘n geldvrablog te wees nie, maar iewers daarop kan ‘n prentjie wees, ‘ondersteun ons’, en sou iemand voel om julle te ondersteun, kan hulle net daarop kliek en by die regte plek uitkom. Maak dit opwindend sodat mense lus het om daar te lees en te kyk. Sorg dat daar gereeld iets gebeur.

Nou is die probleem baie keer dat so iemand nie regtig hou van ‘adverteer’ nie, of hou nie van al hierdie sosiale media goeters nie. My raad is, kry dan vir jou iemand, iemand wat betrokke is by jou besigheid, iemand wat hou daarvan om goed op faceboek te sit of iemand wat hou van skryf, of foto’s plaas. Vra so iemand om betrokke te raak om daardie afdeling van jou onderneming te doen, ongeag of dit ‘n verkoopbesigheid is of ‘n liefdadigheidsorganisasie.

Die middele ís hier, elke dag kom daar net nóg by waarvan ek nie eers weet nie. Dis Twitter en Instagram en whallawhalla. Kom ons gebruik dit tot ons voordeel, maar met oorleg.

Groete

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Blogging, Sosiale media and tagged , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Sosiale media bemarking

  1. Kameel sê:

    Ek weet van iemand wat as bruidsma haar rok so gekoop het 😆 Daar is soveel “corruption” dat ek maar versigtig is vir al die goed op internet. Nou los ek dit maar vir julle jongklomp 🙂

    Like

  2. AWETHENTIQ sê:

    Ek is ‘n vryskutsendeling sonder enige ondersteuning. Sosiale media het vir my baie moeilikheid veroorsaak omdat daar altyd iemand is wat kwaadpraat, jou met ander verwar, of gewoon ‘n psigopaat is. Tans besoek ek nie eens my Google+ of Twitter nie, al is daar baie lesers. WordPress pos outomaties soontoe. As IT-kundige gee ek Facebook en WhatsApp ‘n wye draai omdat hulle jou inligting versamel selfs wanneer jy nie aanlyn is nie en dit met ander deel sodra jy weer aanlyn gaan. Sosiale media word nie deur engele bedryf nie en daar is slaggate wat soms moeilik is om te vermy.

    Like

    • Toortsie sê:

      Dankie. Dis nou ‘n baie goeie waarskuwing.

      Liked by 1 person

      • AWETHENTIQ sê:

        My skade was enorm. Ek moes 1.2 miljoen lesers afgooi, my blogs uitvee, twee keer oor begin onder ander name. Boonop het die Sheriff in ‘n stad in die VSA genader en hy het die een oortreder se hok ‘n bietjie gaan skud. Hy het my laat weet dat sy ‘n bekende openbare stoornis was. Maar my hele bediening aanlyn is gesink. Dis swaar om daaraan te sluk. Christene se openlike aanvalle het gelei tot my beroerte in Februarie 2015.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s