Alter Egoland

Kyk, as ou Toortsie ‘n idee in haar kop kry, moet jy net koes. So was Scrapydo se laaste bloguitdaging mos oor broers, en Toortsie wonder of haar broer ook ‘n Alter Ego het, en sy besluit sommer sy naam sal Nicodémus wees. Nicodémus! Genade! Wie gee so ‘n naam vir jou Alter Ego? Sy stuur my toe op ‘n soektog na Nicodémus. Wat ‘n werk! Glo my!

Het julle geweet hoeveel verwaarloosde Alter Ego’s daar in die wêreld is? My mond het oopgehang! Sien, ek weet eintlik nie van die ander Alter Ego’s nie omdat Toortsie my so besig hou.

Ek moes loop soek in al die ou kantore wat Toortsie se broer gewerk het. In die kluise. Sjoe! Het ek hooikoors gekry! En sowaar, daar tussen die rakke en rakke lêers het ek op ‘n hele paar verstokte Alter Ego’s afgekom. Uitgeteer. Verwaarloos. Maar ONINTERESSANT! 😦 Mens kan mos ook niks anders verwag van ‘n Alter Ego wat al vir jare in ‘n kluis toegesluit is nie! Daar’s mans en vrouens, maar dit wil vir my al lyk of dit al die beheervrate is wat hulle Alter Ego’s so wegsluit. Dis eintlik jammer want ons is mos eintlik gemaak om ons mens te help!

Maar Nicodémus? Ek kon hom nêrens kry nie. Nie in die kluise nie, nie in die stoorkamers nie, nie in die pakkamers wat vol verfblikke staan nie. Nêrens. Om die waarheid te sê, die ander Alter Ego’s wat daar is, kan nie eintlik onthou of hulle hom al gesien het nie. Party sê dat hulle so vaagweg dalk so iemand onthou, maar hulle is ook nie seker daarvan nie.

Dít kon ek natuurlik al voor die tyd gesê het: Toortsie se broer se Nicodémus sal nie in ‘n kluis toegesluit sit nie! Nee man! As Nicodémus net ‘n bietjie na die boeta aard, is hy iewers op reis. Die reisgogga is mos in hulle gene! Nou vra ek jou, waar op hierdie grote aarde sal ek hom vind as hy permanent op reis is? Sal hy daar wees waar die boeta al getoer het of loop hy sy eie draaie? Hoe lank sal ek na hom moet soek?

Ek gee moed op! Ek kan nie nog verder tyd met Nicodémus mors nie, weet julle wat van Toortsie intussen alles aan as ek nie daar is om te help nie?

Ursula

Toortsie by Finesse:Toe vang die angs my

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie op die radio

toortsie_2016_photographybylize (34)

16 thoughts on “Alter Egoland

      1. Dink hy het hier verby gevlieg saam met ons inheemse bosduiwe wat nie weer hierdie seisoen teruggekom het nie. Baie tragies. Ek help elke jaar met tel van die duiwe. Daar was nog altyd n mannetjie en wyfie hier rond. Ek mis hul want hul is nêrens te sien nie. Mense het hierdie winter baie groot bome hier afgesaag en uitgekap. Ek dink hul nes is seker nie meer daar nie.

        Like

          1. Hierdie tyd van die jaar sit hulmeestal opkragdrade en slaap. My wilde pruimboom is voor verlede jaar uitgehaal(nie in my tuin nie maar erf langsaan) Nou kom hul nie meer hier by my agterdeur vrugte eet nie. Ek dink hul is nou verjaag. Daar is nie meer baie van hul oor nie. Hul het in 2010/11 laas kleintjies gehad.

            Like

    1. Daar’s mense wat dink ek het ‘n totaal gesplete persoonlikheid! Blogging het beslis my lewe verryk. Ek het altyd gesê ek kan net feite-opstelle skryf. Danksy soveel bloguitdagings is ek gelei om beslis op baie gebiede te ontwikkel. Wat van blogging lekker is, is dat ek vir myself skryf, nie wat en hoe ek dink die onderwyser dit wil hê nie. Donderdag was weer só: weergee wat ek dink die man dit wil hê en juis dan sluip daar foute in omdat ek nie in beheer van myself is nie.

      Liked by 1 person

  1. Ek gaan nou hier ruiterluk (as daar so ‘n woord is) erken dat ek nie mooi verstaan wat ‘n alter ego is nie. Ek loop al vir dae en bedink scrapy se uitdaging oor “opgewonde” en moes ‘n vriendin se hulp inroep omdat ek nie eers myself kan lees nie. Wat op aarde wul ek met nog ‘n persoonlukheid maak.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s