Ek verklaar oorlog

Ja, ek verklaar oorlog!

Wat ek nou hier skryf, skryf ek vir myself en het geen vingerwysing na enige persoon nie. Dis ‘n stuk ‘praat met myself’. Tog tel ek op dat daar ander is wat ook dieselfde ‘nie goed genoeg gevoel‘ ervaar, daarom skryf ek dit hier. Net dalkies help dit vir iemand anders ook!

Ek werk al vir baie jare konstruktief aan my selfbeeld, tog sluip daar soms klein jakkalsies in. Oor my stryd met ‘jy is nie goed genoeg nie’, het ek geskryf. Ek wonder, is dit ‘n Afrikaanssprekende probleem, of is dit ‘n vroueprobleem, is dit leuens wat vroue wêreldwyd glo, is dit selfs meer algemeen as wat ‘n mens dink?  Worstel baie mense daarmee? Is dit ‘n selfbeeldprobleem?

Pieter van Jaarsveld skryf in sy boek, Gee jou kind selfvertroue, dat mense met ‘n swak selfbeeld dit moeilik vind om liefde te gee of te ontvang en dat hulle veral sensitief is oor wat mense van hulle sê en dink. Dit is so waar! Ek het dit ook al ervaar! Omdat ek nie in myself glo nie, wil ek ook nie ander glo wat goeie goed vir my sê nie! Gelukkig nie altyd nie, ek het mos al gewerk daaraan!

Maar dis eintlik ‘n ánder boek wat my gisteraand in my skoene geskok het. Power in Praise, deur Merlin Carothers. Dis ‘n baie ou boek, erg voorspoedteologie, maar beslis ‘n boek om te lees. Carothers beklemtoon die feit deurgaans dat ons God moet dank en eer vir alles in ons lewe, ook vir dit wat sleg is. Onder andere skryf hy oor kla, eintlik oor ondankbaarheid en dit tref my met ‘n emmer water in die gesig: As ek voel ek is nie goed genoeg nie, terwyl ek eintlik is, is ek eintlik ondankbaar. Ek bedoel, God het my goed genoeg gemaak, Hy het my spesiaal gemaak, Hy gee vir my hierdie geleenthede op my pad en as ek terugdeins en sê, nee, iemand anders moet dit doen, ek is nie goed genoeg nie, dink ek in my hart ek is nie goed genoeg gemaak nie, dat God nie weet wat Hy doen nie! Dis mos nou net my persoonlike mening, en soos ek hierbo geskryf het, ek skryf vir myself en wys regtig nie ‘n vinger vir iemand anders nie, maar terwyl ek nou hiermee besig is en jy hier lees, Jý is goed genoeg! Jy is spesiaal! Jy het besonderse talente wat God daar gesit het vir jóú! Ja! Jy is GOED GENOEG!

Volg Pieter van Jaarsveld se raad, skryf ‘n paar notatjies met hierdie woorde op en sit dit op baie plekke neer sodat jy dit kan lees en lees totdat jy dit glo: “Ek is iemand van waarde en ‘n wonderlike skepping van die hemelse Vader; daarom is ek ‘n betekenisvolle mens.”

Toortsie

Toortsie by Finesse:Toe vang die angs my

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

toortsie_2016_photographybylize (20)

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Motivering en Bemoediging and tagged , . Bookmark the permalink.

13 Responses to Ek verklaar oorlog

  1. seegogga sê:

    Van die beste skrywes wat jy nog ooit gedoen het. Ek sien nog n boek.

    Liked by 1 person

  2. Pragtig. Dit wys jou maar net … wanneer God in die prentjie instap, verander dinge … Ek stem: ons is uniek geskape, ons is koningskinders en baie waardevol in Sy oë.

    Liked by 1 person

  3. Son sê:

    Hierdie het vandag met my gepraat. Dankie xx

    Like

  4. Kameel sê:

    As ons dit net elke dag wil besef en daarvolgens lewe. Elkeen van ons is so wonderbaarlik uniek, en het soveel potensiaal. Wonder hoeveel skatte is saam met mense begrawe wat nooit gebruik was nie.

    Like

  5. Dit wat jy hier sê is so bekend. Ek was ook nooit goed genoeg nie. Moes altyd bewys dat ek wel is. Toe ek my man ontmoet het hy my aan die hand van God gewys dat ek goed genoeg is op my eie unieke manier. Dis belangrik om nie af te breek nie maar om op te bou. Baie mooi gestel Toorts. 🙂

    Like

  6. ekmyselff sê:

    Dankie dat was nou goed om te hoor ek voel juis vandag so bietjie minderwaardig *snik*

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s