Opdragwerk: Daily post
Cheat. Kul. Verneuk. Besteel. Almal walglike woorde. Woorde wat van ‘n ander steel, omdat jy jouself wil bevoordeel. Ongelukkig is die teendeel eerder waar. Jy mag jouself dalk vir die oomblik bevoordeel, maar op die langduur is jy besig om jouself eerder te benadeel, werk jy teenproduktief, in die duiwel se hand, takel jy jouself af. Jou standaarde verswak, jy gly af in ‘n spiraal van slegter en slegter en doen jouself, jou naam, jou karakter, jou siel skade. Iewers in die lewe haal hy jou in.
Daarteenoor is waarheid, eerlikheid, deursigtigheid. Die reguit pad. Dalk nie noodwendig die makliker roete nie, maar beslis die beste een. Kies saam met dit om God te pad te loop, met Jesus as jou leier en jy raak beter, sterker, gelukkiger. Jou aansien verhoog, mense kry respek vir jou, selfs al is jou beursie nie so dik soos jy dit sou wou hê nie. Dis bevrydend.
Ek kies eerlikheid, die waarheid te alle tye, selfs al bring dit my in die moeilikheid. Deur altyd eerlik te wees, hoef ek niks te onthou nie, ek hoef nie te onthou watter liegstorie ek dalk vertel het nie! Wat kies jy?
Toortsie
Toortsie by Finesse:Toe vang die angs my
Toortsie se Faceboekpage
Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage
Toortsie’s LCHF Journey
Finesse Blogger van die week.
Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg
Stem ‘n honderd persent saam. Dink ook altyd dat mense miskien vir ‘n tydjie met iets kan wegkom maar die wiel draai. Hoeveel gesonder is jou menswees as jy eerlikheid, opregdheid ens nastreef.
LikeLiked by 1 person
Dis ook regtig soveel makliker!
LikeLike
Ek verpes ook oneerlikheid … as mense nog steel omdat hulle honger is, kan ek dit nog verstaan maar die rykes wat so verneuk en steel. Ek begryp dit nie
LikeLike
Haai ek het nou jou praatjie op Draaipunt geluister, jy gesels lekker, en so gemaklik. Wonderlik hoe die Here vir jou rigting aanwys!!! En wou nog vir jou sê ek lees en geniet jou Finesse stukkies. 🙂
LikeLike
Ag dankie! En dankie dat jy my Finesse stukkies lees. Ek wil hulle met tyd maar almal een vir een hier kom plaas.
LikeLiked by 1 person
Gesels was nog altyd vir my maklik. 🙂 My pa het my ‘n opgewende orreltjie genoem. Ek probeer my deesdae inhou, ter wille van oorlewing van ander, maar ek raak gespanne as daar nie gesels is nie.
LikeLike
Ter oorlrwing van ander!!! Bly jy is so bedagsaam 🙂 Smile ek nou.
LikeLike
Soms vergeet ek!
LikeLike